Velprobleme

← Terug na indeks
  • Veluitslag op uier

    Ons boer met Jerseys in Cullinan. Ons het onlangs koeie aangekoop uit die Amersfoort omgewing. Die koeie het egter ’n rooi kolletjie uitslag agter op hulle  uiers. Dit vorm later ’n rofie en laat dan ’n rooi letsel agter. Dit is baie onooglik. Ons is veral bekommerd oor die oordraagbaarheid daarvan na die res van ons melkkoeie. As ons kalfies die koeie se melk drink sal hulle ook aansteek? Baie dankie.