Melk

← Terug na indeks
  • Die betekenis van Coliforme en E. coli in die melk

    Wat is die verskil tussen coliforme en E. coli en die oorsake daarvan by melkkoeie? Ons is by n melkboerdery en ons lewer melk aan Orange Grove en met elke vrag melk wat hulle vat neem hulle monsters en gee vir ons die uitslae van bv. ons persentasie bottervet, proteïene, somatise seltellings, TCP , Coli en E. coli tellings en jy word daarvolgens betaal en bepunt. Ons verstaan nie wat die verskil tussen coliforme en E. coli is nie. Het…
    • Val in melkproduksie in suiwelkoeie

      Ons melk Jerseykoeie en twee het onlangs gekalf. Een kalwing was ‘n bruggeboorte. Ons het hulle gemelk en het bietjie melk gekry, maar beide het verminder na minder as een koppie melk. Is daar enige rede om dit te verklaar?
      • Likkewaan wat koei uitsuip

        Is dit waar dat ‘n likkewaan ‘n koei kan uitsuip?
        • Geure in melk

          Ek is 'n melkboer in die Dealesville, Vrystaat omgewing. Onlangs het my melkkoper laat weet dat die melk 'n reuk het, wat hy dan beskryf as 'n "visreuk". Die melkkoeie wei op stoelrog en ek wil graag weet of die stoelrog die reuk kan veroorsaak. Ek kan net meld dat dit gedurende hierdie tyd wat die melk 'n reuk gehad het, baie koud was.
          • Kruisraskoeie se melk dalk gesonder

            Baie mense sê melk is ongesond deurdat dit te veel vet bevat. Word daar navorsing gedoen om te bepaal hoe gesond dit is om melk te drink?
            • Bloederigheid in melk van Ngunikoei

              Ons het een Ngunikoei, met 'n 5 maande oue kalf. Sy word gemelk, maar het 'n bloederigheid in die een speen. Die speen is ook geswel. Wat kan dit wees en wat beveel u aan?
              • Melk – vrae en antwoorde

                Waaruit bestaan melk en watter voordele is daarin om melk te gebruik?
                • Wei met surrogaat melkpoeier vermeng

                  Kan wei met surrogaat melkpoeier vermeng word om sodoende kostes te spaar vir die voeding van kalwers? Indien wel, in watter verhouding? Of kan wei suiwer gegee word in die plek van surrogaat melk? Thys Swart, Nelspruit