Velprobleme

← Terug na indeks
  • Haarverlies in diere

    My buurman het 'n klein kalfie wat normaal gebore is met geen probleem nie. Na 'n ruk het sy hare net begin uitval vir geen rede nie en soveel so dat slegs 'n kwart van die kalf se lyf met hare bedek is. Wat kan die rede wees?
    • Vrotvel in beeste

      Pasgebore kalf se oë lyk toegeswel. As kalf gevang word met die hand skeur die vel sommer. Kalf lyk nie siek nie. Later vorm erge edeem onder vel dat dit soos watersakke lyk wat sommer oopskeur. Kalwers gaan almal dood. Het reeds 5 sulke kalwers gekry, 3 laas jaar en nou 2. Kalwers is nie van dieselfde bul nie en koeie nie van dieselfde moeder nie. Koei wat laas jaar so kalf gehad het, het nou ’n normale kalf. Teler…
      • Pokke in diere

        Wat kan ek gebruik om speenpokke uit my kudde te kry en te voorkom?
        • Vratte (papillomas)

          Van my koeie (vleisbeeste) se spene is met vratjies besmet. Ek het hulle met antibiotika ingespuit - 3 keer per week vir twee weke lank, maar dit het niks gehelp nie. Kan u my asseblief van raad voorsien. - Lourens Viljoen (ViljoeLJ@telkom.co.za). Kom vratte ook in ander diere voor?
          • Rooibruin haarverkleuring in beeste

            Die swart hare van my Holsteinkalwers verkleur na rooibruin tot koperkleur. Wat kan die oorsaak wees?
            • Dermatofilose – Klontwol in skape en Senkobosiekte in beeste

              As gevolg van die oormatige re?n word die lammers se wol hard en daar is vratagtige vergroeisels op die ore en om die mond. Wat is die oorsaak?
              • Omlope

                Ek het ’n probleem met omlope in my beeskudde. Dit kom meestal op die kalwers voor veral in die gesig en nekarea. Wat kan dit veroorsaak en hoe kan dit voorkom en behandel word? W.J. van Heerden
                • Veluitslag op uier

                  Ons boer met Jerseys in Cullinan. Ons het onlangs koeie aangekoop uit die Amersfoort omgewing. Die koeie het egter ’n rooi kolletjie uitslag agter op hulle  uiers. Dit vorm later ’n rofie en laat dan ’n rooi letsel agter. Dit is baie onooglik. Ons is veral bekommerd oor die oordraagbaarheid daarvan na die res van ons melkkoeie. As ons kalfies die koeie se melk drink sal hulle ook aansteek? Baie dankie.
                  • Beeste kry omlope in winter

                    "Veral in die winter kry my beeste omlope. Ek weet hoe om dit te behandel, maar wil weet of dit verhoed kan word. "
                    • Melkkoei se vel maak krake

                      Een van my melkkoeie se vel het ewe skielik op al die wit gedeeltes hard geword en begin kraak. Sy het aanvanklik 'n bietjie siek gelyk maar na 'n dag weer normaal begin vreet. Die vel om haar spene het ook afgedop, soos 'n gekookte hoendereierdop. Het sy dalk iets giftig gevreet? - Hentie Ferreira (hentief@webmail.co.za)