Suurpens

← Terug na indeks
  • Megasphaera elsdenii : melksuurbenuttende organisme

    Melksuur word algemeen beskou as die mees prominente suur verantwoordelik vir skerp daling in rumen pH en gevolglike suurpens. Is daar iets wat ek hieraan kan doen om sodoende my diere vinniger te laat aanpas op ’n ho?r styseldieet?
    • Suurpens of asidose

      My volwasse boerbokooi het in die groentetuin ingevaar en groen mielies gevreet. Sy het as gevolg daarvan suurpens gekry en was baie siek. Ons het haar twee dae na mekaar by 'n veearts probeer uitkry, maar a.g.v. die feesseisoen was die veearts nie beskikbaar nie. Sy het op die ou einde gevrek. Ek wil net raad kry oor wat ek in die vervolg kan doen in so 'n noodgeval as die veearts nie beskikbaar is nie?
      • Vermering (opbring, braking) in herkouers

        Ek het ’n fries/kruisrasbulletjie wat ek grootmaak, so ses weke oud, kry Denkavit 2lt soggens en 2lt saans. Die algemene voorkoms van die kalfie is dat hy maer is, alhoewel hy reeds kalfgroeikorrels vreet en dan ook water kry tussen 10:00 en 14:00 bedags. Hy vreet ook goed aan die gras en marog wat in die kampie is (was ’n swak groep kalwers wat ek ontvang het). Die probleem is nou dat pensinhoud by sy bek uitloop. Sy mis lyk…
        • Diarree in beeste

          'n Leser vra wat die oorsaak van diarree in beeste kan wees en een van ons kundiges help.