Siektes

← Terug na indeks
  • Swere en siste

    'n Skaap se longe vol siste en swere die lewer is bleek en lyk soos gaar lewer. - Eileen (ja&dogters@bosberg.co.za)
    • Melkkoei se vel maak krake

      Een van my melkkoeie se vel het ewe skielik op al die wit gedeeltes hard geword en begin kraak. Sy het aanvanklik 'n bietjie siek gelyk maar na 'n dag weer normaal begin vreet. Die vel om haar spene het ook afgedop, soos 'n gekookte hoendereierdop. Het sy dalk iets giftig gevreet? - Hentie Ferreira (hentief@webmail.co.za)
      • Hartwater-behandeling

        Ek boer in die Bela-Bela (Warmbad) omgewing. Ek het vir my bokke en skape aangeskaf en gereël dat 'n veearts almal met hartwater-bloed inspuit. Ons het daarna behandel met 'n tetrasiklien en was gelukkig om geen diere te verloor nie. Die lammers begin nou mooi herstel en die vraag is of ek weer dieselfde prosedure moet volg (wat redelik duur is, maar goeie resultate lewer) of word die weerstand vanaf die moeder of vader na die klein skapies en bokkies…
        • Maer melkkoei

          Ons het in die winter twee jaar gelede 'n melkkoei gekoop - sy was maer, maar gesond. Na 'n paar maande op kraal met ad lib-voeding tussen ander koeie wat wel spekvet is, bly sy maer. Sy was na Onderstepoort vir ondersoek en hulle bevinding was dat die ruvoer te fyn gemaal was. Ons het die hamermeul aangepas en sy het binne 'n paar weke redelik gewig aangesit (sy was nog nooit so vet soos die ander nie). Sy het…
          • Dikkop-sponssiekte by beeste, skape

            Dikkop-sponssiekte by beeste, skape Vraag: Is Onderstepoort se Dikkop-entstof en Multiclos vir dieselfde virus? - G.J. Vlok(simbra@telkomsa.net)
            • Brucellose: Wat staan ons te doen?

              Ons het tydelik van KwaZulu-Natal na Nieu-Seeland verhuis. My ouers sien om na ons melkkoeie en doen dit uitstekend. Die enigste vlieg in die salf is dat Brucellose sowat 'n jaar gelede in die kudde uitgebreek het. Ek weet uit gesprekke wat ek met my ouers gehad het dat hulle sover alles in hulle vermoë gedoen het om te help. My vraag is wat staan hulle te doen en is daar mense in die landbou-dieregesondheidsbedryf wat sal omgee om hulle…
              • Spuit vir spons-, milt- en lamsiekte

                Hoe gereeld moet spons-, milt- en lamsiek gespuit word? Watter soort medikasie word aanbeveel? - Hennie Graaff (hennie.graaff@unilever.co.za)
                • Oogsiektes

                  Kan blesbokke oogsiektes dra en of na beeste versprei? - Christo Smit
                  • Simptome van hartwater

                    Wat is die simptome van hartwater, en hoe lank voor die tyd kan hierdie simptome geïdentifiseer word?
                    • Spons-, milt- en lamsiekte

                      Ek moet my diere binnekort teen sponssiekte, miltsiekte en lamsiekte inent. Watter voorsorgmaatreëls moet ek tref?