Siektes

← Terug na indeks
  • Hondsdolheid in beeste

    ’n Uitbreek van hondsdolheid het al minstens 21 beeskalwers in die gebied tussen Bloemhof en Schweizer-Reneke in Noordwes geëis. Hulle is nou in die proses om al hul beeste teen die siekte te ent, sê mnr. Cassie Maree van die plaas London. Hy het al 10 kalwers verloor en ’n buurman 11. Hulle vermoed die virus is deur ’n jakkals of rooimeerkat oorgedra. Ek soek meer inligting oor hondsdolheid in beeste.
    • Knopvelsiekte uitbreek in ‘n voerkraal

      Ek bedryf ‘n klein voerkraal(50 kalwers) en nou het 10% van die kalwers wat Desember ingesit is knopvelsiekte ontwikkel. Een het gevrek weens longaantasting. Een het diep ulkusse ontwikkel eEn 4 het ligte aantasting. Hulle moet einde Maart geslag word. Wat moet ek met die aangetaste diere doen. Gaan hulle afgekeur word? Sal dit help om hulle veld toe te jaag en later weer te voer. Ek het ook backround kallers wat knoppiesvel opgedoen het. My plan is om hulle…