Mastitis

← Terug na indeks
  • Bloederige melk

    Ons het 'n vleisbees wat so 3 dae gelede in die veld gekalf het. Die kalf is dun en by nadere ondersoek sien ons daar is helder bloed in die uier. Dit kan ui gemelk word maar die hoeveelheid neem nie af nie. Wat kon dit veroorsaak het en wat doen ons om dit te stop?
    • Bloederigheid in melk van Ngunikoei

      Ons het een Ngunikoei, met 'n 5 maande oue kalf. Sy word gemelk, maar het 'n bloederigheid in die een speen. Die speen is ook geswel. Wat kan dit wees en wat beveel u aan?
      • Impak op vleisbees se uier as kalf nie suip nie

        Wat is die nagevolge, nadeel of impak op 'n koei (veldbees) se uier as die kalf vrek (natuurlike oorsake)? Wat is die regte hantering van so ‘n koei? Die kalf vrek voordat dit kon suip en haar uier is vol melk (bies). Van uitmelk is daar nie sprake nie, wat kan met so uier gebeur? Kan dit skade teweeg bring of toekomstige "melkgee" probleme vir koei en kalf inhou?
        • Die gebruik van boererate om mastitis te behandel

          Ek wil net die volgende weet. ’ n Koei wat ek al herhaaldelik vir mastitis behandel het, kom nie reg nie. Iemand het my toe die raad gegee om growwe sout en louwarm water in die kwart in te spuit. Dit het gewerk, maar is dit nie skadelik vir die uier nie?
          • Kalf suip nie weens mastitis

            Driedae oue kalf kan nie suip nie a.g.v. moontlike mastitis.Die koei se uier is besonder groot en effens hard. Die koei kwyl, die neus loop en haar tong hang soms uit. Is dit als die gevolg van mastitis en wat kan ek spuit?
            • Mastitisbehandeling

              My koei het mastitis gehad en nou het sy ook ‘n lae melkproduksie. Ek het haar na drie keer se behandeling met Penstrep (al vier kwarte elke keer)  uitgemelk, maar daar was nog steeds klonterigheid in haar melk en het ek  nog drie dae (24 ure uitmekaar) al vier kwarte behandel. Die mastitis lyk genees, maar haar uier voel hard in al vier kwarte en haar melkproduksie is nie eens 500ml op al vier spene nie. Johan Buckle