Diarree

← Terug na indeks
  • E.coli in diere

    Ek boer in Parys in die Vrystaat. Met my laaste 7 groepe lammers het ek erge E. coli onder hulle ondervind. Ek het al my krale ontsmet en omtrent enige medisyne wat daar is al probeer. Is daar regtig niks op die mark wat hierdie kiem kan doodmaak nie? Ek het nou onlangs van die lammers Onderstepoort toe gevat en wag nog vir hulle uitslae. Asseblief gee raad ek is moedeloos.
    • Diarree in kalwers in KwaZulu-Natal

      Aan die begin van die somer (November – Desember 2012) het van my vleisbeeskalwers baie meer maagwerking as ander jare. Wat kan die rede wees?
      • Bulle wat vetgemaak word, het diarree, verloor gewig

        Ek het 'n Jersey- en Friesbul wat ek wil vetmaak. Hulle weeg omtrent 250 kg en ek het hulle met Zeramec gespuit. Hulle vreet mielies en SB100 en gras apart. Ek het eers Procon 33 by gemeng toe werk hulle mae, ek vat dit toe weg, maar nou lyk dit asof hulle maer word en nie vet nie. Hulle vreet nou omtrent 13 kg per dag in drie dele. Wat doen ek verkeerd, is die kos te min of wat?…
        • Hoenders as draers van kalwersiektes

          My kalwers kry maagloop wat moeilik voorkombaar is. Kan die hoenders wat losloop tussen die hokke enige siektes aan die kalwers oordra?
          • Laksering

            Ons het bokke op ons plot. Ons een ram het gevrek van maagwerkings. Ons is nog baie onkundig met bokke. Ons wil weet wat ons bokke se mae laat werk en wat ons moet doen sodra ons sien die bok se maag begin werk. Is daar iets waarmee ons hulle kan spuit? ASB help! (njbresler@gmail.com)
            • Diarree in kalwers: wat om te doen

              My kalwers, ongeveer 3 maande oud, se mae werk en vrektes kom voor. Wat moet ek doen?
              • Wit laksering by kalwers

                Vriende van my boer in Stella se wêreld met Bonsmaras. Die afgelope tyd ondervind hulle nou en dan wit laksering by die jong kalwers. Hulle het al ‘n paar verloor. Hulle entings- en spuitprogram is goed en bestuur van alle ander fasette ook baie goed. Hulle het 'n puik stoetery en wil graag weet wat hulle voorkomend kan doen of war hulle moet doen wanneer gevalle wel voorkom. Die kalfies dehidreer baie , maar hulle kon deur vinnige optredes en…
                • Kalwers vrek met ooginfeksie, neusuitloopsel en diarree

                    Kan een van die kundige lede vir my uitsluitsel gee oor hierdie beessiekte? Dit is 'n trop kalwers wat onlangs gespeen is. Hulle oë begin traan en hulle het ‘n geel neusuitloopsel. Hulle het temperatuur en verloor eetlus. So verswak hulle vinnig. Die oë gaan heel toe en vrot in die kassies, sodat daar later net 'n holte oorbly. Daar is ook ligte diarree. Hulle gaan nie vinnig dood nie. Diagnoses is wyd uiteenlopend by die veeartse, vanaf Slenkdalkoors,…
                  • Diarree in beeste

                    'n Leser vra wat die oorsaak van diarree in beeste kan wees en een van ons kundiges help.
                    • Bloed in beesmis

                      'n Leser se dragtige koeie het bloed in hul mis en sy wil weet wat die oorsaak kan wees en hoe om dit te behandel.