Bewegingsprobleme

← Terug na indeks
  • Koei gaan lê voor kalwing

    Ek het onlangs 'n koei met melkkoors gehad . Die koei lê en is baie swak en ek kan sien hoe die kalfie in haar skop. Hoelank voor kalwing is die koei as ek die kalfie al kan sien beweeg ? Nog 'n vraag is of ' n koei tekens van bronstigheid sal wys indien sy dragtig is? Want die einste Jerseykoei wat huidiglik melkkoors gekry het , het ongeveer 5 weke terug by twee geleenthede 'n bulstring getoon.
    • Opteltoerusting vir beeste wat nie kan staan nie

      My koei kon nie kalf nie weens ‘n kalf wat te groot is. Haar senuwees moes seergekry het want sy kan nie opstaan nie. Weet julle van toerusting wat kan help dat ek haar kan laat staan?
      • Diere het krake in hulle kloue

        Ek boer in ‘n sanderige area en sukkel baie met krake in die diere se kloue. Wat kan ek doen om dit te voorkom? Speel voeding ‘n rol of is dit die sandveld? Somtyds word die bulle kruppel daarvan.
        • Pootprobleme in voerkraal

          Vrotpootjie by kalwers wat nou 64 dae in kraal is, gee my las. Prossessering is deeglik gedoen, krale is skoon en is vry van uitwendige parasiete. Kom hoofsaaklik voor by kalwers wat goeie GDT het.
          • Hoefprobleme in bulle

            Ek is ‘n stoetteler uit Limpopo. Ek boer in die berge met baie harde veld. My bulle het nooit probleme met hul hoewe nie. Maar, ek het 2 jaar terug agtergekom dat sodra ek my bulle uit die veld bring vir hul adrondingstoetse begin ek hoefprobleme in my bulhokke kry. As ek die bul uithaal dan kom hy weer reg. Twee jaar terug het ek ‘n bul gehad wat ‘n probleem gekry het met sy hoewe in die hokke. Laasjaar…
            • Laminitis of bevangenheid

              Wat is laminitis en wat veroorsaak dit?
              • Vrotpoot en harige klouvratte by beeste

                Ons het onlangs 'n groot melkkudde ingekoop en nou sit ons met vrotpoot. Isoleer mens hierdie koeie, wat veroorsaak dit en hoe kan ons voorkomend optree? Die reënseisoen lê voor. Groete.
                • Oorsake van stywesiekte

                  Wat veroorsaak stywesiekte?
                  • Kalfies se elmboë is styf en ingedraai

                    Ek het 3 kalfies in ‘n week aangekry. Hulle voorbene is ingedraai na mekaar toe en by die elmboë is hulle gebuig en styf. Die prentjie lyk presies soos ‘n vlakvark wat wei, as hy op sy voorknieë hurk.
                    • Hoefsmid

                      Baie dankie vir jou antwoord oor mastitis. Ek is op soek na 'n goeie hoefsmid vir Holstein koeie. Wie kan U aanbeveel. Dankie, Johan Moolman