Kalwerprobleme

← Terug na indeks
  • Grootmaak van hans bulkalwers se ekonomie

    Ek wil Holsteinbulkalwers groot maak. Wat behels die kostes in vandag se tyd om kalwers groot te maak? Poeiermelk en Molovite en kalfpille is waarmee ek gaan begin. Swenk en lusern gaan aangeplant word om te baal vir voeding, als onder besproeiing (30ha). My beplanning is om 50 ‘n maand groot te maak in kampies tot op ses maande. Wat is die kostes verbonde aan entings en doserings? Wat is die markprys vir Holsteins as hulle verkoop word?
    • Vrotvel in beeste

      Pasgebore kalf se oë lyk toegeswel. As kalf gevang word met die hand skeur die vel sommer. Kalf lyk nie siek nie. Later vorm erge edeem onder vel dat dit soos watersakke lyk wat sommer oopskeur. Kalwers gaan almal dood. Het reeds 5 sulke kalwers gekry, 3 laas jaar en nou 2. Kalwers is nie van dieselfde bul nie en koeie nie van dieselfde moeder nie. Koei wat laas jaar so kalf gehad het, het nou ’n normale kalf. Teler…
      • Koeie en verse wil kalwers nie laat suip nie

        Ek het ‘n vers wat gekalf het en sy wil die kalf nie laat drink nie. Wat kan die probleem wees?
        • Hoenders as draers van kalwersiektes

          My kalwers kry maagloop wat moeilik voorkombaar is. Kan die hoenders wat losloop tussen die hokke enige siektes aan die kalwers oordra?
          • Kalwers met lang kloue gebore

            Ek het opgemerk dat twee van die kalwers wat gebore is ongewone lang kloue het en as gevolg daarvan het hulle probleme om maklik te loop. Hulle trap met die agterste deel van die kloue wat sagter is en dan kry hulle seer en dan loop hulle baie moeilik veral op klipperige areas. Dit is die eerste keer dat ek so iets onder die kalfies opgemerk het. By een van die kalfies kom dit voor by the voorste en agterste…
            • Vermering (opbring, braking) in herkouers

              Ek het ’n fries/kruisrasbulletjie wat ek grootmaak, so ses weke oud, kry Denkavit 2lt soggens en 2lt saans. Die algemene voorkoms van die kalfie is dat hy maer is, alhoewel hy reeds kalfgroeikorrels vreet en dan ook water kry tussen 10:00 en 14:00 bedags. Hy vreet ook goed aan die gras en marog wat in die kampie is (was ’n swak groep kalwers wat ek ontvang het). Die probleem is nou dat pensinhoud by sy bek uitloop. Sy mis lyk…
              • Onverklaarbare kalwervrektes

                Dok, ek sit met my hande in my hare oor my kalwers wat "onverklaarbaar" vrek. Ek koop op 'n gereelde grondslag kalwers aan van die buurplaas (Holstein en baster vleisbeeste) nadat hulle tenminste 10 dae saam met die ma geloop het. Ek maak gebruik van Surromel om hulle groot te maak en supplementeer die daaglikse melkvoeding met Opti groeipille en water ad lib. Die water word verwyder uit elke hok 3 ure voor die volgende voeding. Ek vermeng 3.75 liter…
                • Koksidiose in bokke, skape en beeste

                  Ek wil graag weet hoe en wanneer behandel mens koksidiose by Boerbokke? Soos ek verstaan, as die dier se pens begin werk, is hy lankal besmet. M.a.w. mens kan nie net die wie se pense werk, behandel nie. En soos ek verstaan is Boerbokke baie meer vatbaar vir koksidiose. Dankie, Basie.
                  • Swak kalf wat lê

                    Ek is 'n eerstejaarstudent in dieregesondheid en ek sit met 'n kalfie wat drie weke oud is, maar gedurende die laaste twee weke, hewig verwaarloos is, wat tot 'n baie verswakte toestand gelei het. Dit is so erg dat die kalfie nie kan staan nie. Ek het haar al eiergeel, suiker en sout saam met die melk ingegee (sy suip al baie sterker) en ook 'n 15cc vitamiene aanvulling gespuit. Kan u asb. vir my enige verdere raad gee met…
                    • Kalf wil nie suip nie

                      Ek het verlede week ’n paar kalwers gekoop. Ek gee hul poeiermelk wat streng volgens die boek aangemaak word. Daar is een kalfie wat nie self wil drink nie. Is daar iets wat ek dalk verkeerd doen? Wat kan ek doen om hom te laat drink? Ek het al ’n tiet met kleiner gaatjies ook probeer, maar hy wil nie drink nie en probeer die hele tyd die tiet uit sy mond uit druk met sy tong. So af en…