Finansies

← Terug na indeks
  • Bedryfskoste en persoonlike belasting

    Ek en my vrou wat binne gemeenskap getroud is het in 2003 'n plasie gekoop wat kapitale verbeterings en bedryfskoste tot gevolg gehad het. Vanaf aankoop is geen van die bedryfskoste in berekening gebring wat ons persoonlike belasting betref nie Op hierdie staduim het ons 'n inkomste uit die verhuur van eiendom, beleggings en salaris. Vanaf 2003 kan ons nog nie 'n wins wys uit die bedryf van die boerdery Die boerdery is nie geregistreer as 'n besigheid of vir…
    • Inligting oor die mees ekonomiese boerderypraktyke op aangeplante weiding

      Ek boer hier in Stampriet, Namibië op 16 000 hektaar met 4 000 swartkop Dorpers en 400 koeie. Ek het 70 ha spilpunte opgesit en na baie somme het lusernverbouing na 'n te groot risiko gelyk en die toerusting sal my naby aan R4.5miljoen kos. Ek wil graag aangeplante weiding aanplant en dit is nou my vraag, speenkalwers of lammers of ooie. En ook watter tipe weiding, volgens GWK se produksiekoste gids lyk die speenkalwers na 'n goeie roep? Ek…
      • Huur van beeste

        Ons is besig om 'n ooreekoms te finaliseer waar ons dragtige kommersiële Ngunikoei(e) aankoop (begin eers klein 1 op 'n slag) en by familie op hulle plaas laat loop. Hulle het nog genoeg kapasiteit tot en met so 30 eenhede en huidiglik verander hulle hul kommersi?le boerdery na stoet Nguni's. Mettertyd sal ons sien hoe dit gaan, maar ons hoop om later 'n klein, maar ekonomiese eenheid van sê so 20 tot 30 beeste aan te hou. Jy verwys in…
        • Bloktoetse en omrekenaar vir boere

          Ek soek meer inligting oor bloktoetse
          • Plaaskoop in ’n BK

            Wat is die redes waarom ’n plaas in ’n BK gekoop word?
            • Insetkoste-vooruitskatting

              Waar kan ek vooruitskattings vir die volgende jaar kry vir energie en protbronne aan die voerkant, asook kunsmispryse aan die ruvoerkant.
              • Boer winsgewend met beeste

                Ek soek inligting om die winsgewendheid van my beesboerdery te verbeter
                • Huur vs koop van grond

                  Ek het u berig op die Landbou webtuiste rakende die beste beesboerdery gebied in die land gelees en dit baie insiggewend gevind. Ek stel belang om my besigheidsbelange uit te brei na boerdery en dus as ‘n beginner boer te begin. Ek sal graag ook u opinie wil hoor i.t.v. huur grond vs eie grond. Indien u my vrae kan beantwoord en raad gee of my dalk kan verwys sal dit hoog op prys gestel word.
                  • Winsgewendste beesstreek in SA?

                    Ek wonder of enige van julle my kan meedeel waar ons winsgewende kommersi?le beesboerderystreke in die land is? Ek weet in die verlede was dit o.a. Vryburg en Noord-KwaZuluNatal, maar aanvaar dat stygende grondpryse en diefstal van vee dit kon verander het?
                    • Ekonomie van skaap- en speenkalf-afronding

                      Ek het die geleentheid om of skaap of kalwers af te rond. Watter een van die twee is meer ekonomies? Skaap kan ek nou aankoop en op mieliereste laat wei en 15kg in gewig laat toeneem voordat ek hulle verkoop. Ek kry nog die wol by as bonus. Kalwers moet ek oorwinter (op mieliereste) en dan op goeie groen gras laat afrond. Hulle neem 80kg in gewig toe voordat ek hulle verkoop. Watter van die twee opsies gaan my die…