Spykerwurms

← Terug na indeks
  • Beeste se ore vrot

    Ek het 'n paar Bonsmarabeeste 70 km noord van Pretoria. Ek huur grond vir die boerdery en kom slegs een maal per week by my diere uit. Twee van die beeste se ore het begin vrot so 'n maand gelede. Ek wissel my dip af, maar op die oomblik gebruik ek Bayticol om die bosluise te probeer bekamp. Hulle het erg skade op hulle ore begin kry al het ons weekliks gedip. Die gevolg is dat hulle ore onophoudelik begin…
    • Soek inligting oor spykerwurm

      Spykerwurm kom die laaste tyd in die Karoo (Graaff-Reinet) voor. Hoe word dit oorgedra op skape (ek boer met Dorpers) en hoe kan dit beheer/voorkom word? Ek verstaan dat die wurm 'n dier feitlik "lewendig" kan opvreet. Hoe kan ek spykerwurm beheer en kan ek 'n makrosikliese laktoon en bloednier-entstof op dieselfde tydstip spuit? Die Dorpers word onder normale omstandighede elke ses maande teen bloednier geënt as 'n voorsorgmaatreël. - Hennie (hconradie@mandelametro.gov.za)