Eksterne parasiete

← Terug na indeks
  • Vleisvlieë in huis

    Ek het nou al by verskeie kere ‘n brommer doodgemaak. Wat my telkens opgeval het, is dat voordat die brommer doodgaan word ‘n magdom lewende larwes gelê. Die brommer is grys van kleur op die rug met swart strepe van agter na voor oor die rug, met twee rooi ogies. Die brommer is in al die gevalle binnenshuis betrap. Sal graag wil hoor wat se brommer dit is.
    • Muskiete pla speenkalwers

      Ek het speenkalwers wat ek op groenweiding probeer slaggereed maak, die kalwers se huidige gewig is 330kg. Ek wil graag weet of dit my gaan baat om ‘n middel te spuit vir die muskiete aangesien die beeste glad nie optimaal kan vreet met die groot hoeveelheid muskiete hier nie. Ook wat is die maksimum effek van muskiete op 'n speenkalf se GDT? (kalwers op veld kry supermol lek by en het oorinplantate). Baie dankie
      • Bosluisbeheer na goeie reënval

        Vir die afgelope 15 jaar gebruik ek 'n spingdip met amitras aktief daarin wat met kalk gestabiliseer word. Onlangs het ek gedip en die bosluise het nie teen die volgende dag afgeval nie. Ek is aanbeveel om, 60 bloubosluiswyfies, vir weerstandstoetse te oes en om dipmonsters, na Malalane navorsingseenheid te stuur. Ek wil hoor of of die dip vir ander bosluise (meer gasheer) ook sal werk, aangesien ek nie bloubosluise kry nie? Verder het ons grootliks die probleem met die…
        • Rooiwater in Suid-Afrika

          Elke maand word vrektes weens rooiwater deur die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) gerapporteer. Herinner my net weer wat ek moet doen om verliese in my kudde te beperk.
          • Bosluisweerstandige beeste en bosluisbeheer

            Boran beeste is veronderstel om redelik bosluisbestand te wees? Kan die bees sy immuniteit teen bosluise verloor indien hulle maandeliks gespuit word?
            • Vergiftiging met organofosfaat

              Hoeveel boere en werkers gebruik organofosfate sonder om behoorlike voorsorgmaatreëls te tref om hulself te beskerm teen moontlike vergiftiging? Ek het iemand raakgeloop wat vergiftiging opgetel het en deur sy ondervinding met julle te deel, mag dit dalk help dat so iets voorkom kan word.
              • Vlooie op perde en beeste

                Waarom word vlooie selde op perde en beeste gevind?
                • Amitras opgietdip – sistemies of nie?

                  Word Amitraz opgietdip sistemies geabsorbeer? Die meeste veeartse se mening is dat nie die geval is nie, maar tog word kalwers letargies as hulle dit op 'n jong ouderdom ontvang; as dit wel deur die bloedvaatjies in die dermis geabsorbeer word moet dit tog in die sirkulasie beland en 'n sistemiese effek teweegbring; ek vind dit moeilik om te glo dat twee klein strepies dipstof aan weerskante van die werwelkolom so effektief op die vel beweeg om selfs van die…
                  • Uitwerking van middels op fetusse

                    Ek wil graag uitvind wat die uitwerking van opgietdipmiddels op dragtige diere se fetusse is en of daar al navorsing daaroor gedoen is? Ek het ondervind dat van my kalwers [30%] wat 1-3 maande nadat ek gedip het, gebore is, sukkel om te suip of te vroeg gebore is en/of tekens van breinskade toon. Kan dit moontlik van die opgietdip wees?