Water

← Terug na indeks
  • Diere wil nie water uit krip drink nie

    Ons boer in die Karoo, Hanover, met Merinoskape. Ons het ‘n baie snaakse situasie in die een kamp. Die skape wil nie die water uit die krip drink nie. Ons het al die krip en alle pype verander, maar nog steeds drink hulle nie die water nie. Die water kom van een windpomp af na ‘n tenk vanwaar dit na 3 krippe in verskillende kampe gaan. Net die skape in die een kamp wil nie drink nie. As ons die…
    • Aantal beeste by voer en drinkbak

      Hoeveel beeste kan ek gelyk voer by ‘n bees selfvoerder van 2,4 meter breed en hoeveel beeste kan gelyk water drink by ‘n drinkbak wat 1800 liter water hou en 1,4 meter breed is?
      • Boorgatwater begin sleg ruik

        Goeie dag dr. Hoffman, Graag wil ek verneem hoe om water te beheer wat besoedel raak. Om die agtergrond te skets: Ons boerdery maak gebruik van boorgatwater om hokke ens. skoon te was en te hervul met die boorgatwater. Dié praktyk doen ons al vir baie jare sonder enige probleme maar die afgelope paar maande vind ons dat ons boorgatwater begin sleg ruik en smaak, dit is nou só erg dat ons dit nie meer in die huis kan drink…
        • Skoon water vir vee – beheer van alge en watergrasse

          Ek boer met beeste naby Vrede en sit veral die laaste paar maande met slyk in my stoordamme sowel as my krippe. Ek het al water uitgetap en die krippe skoongemaak en weer gevul net om ‘n week of 2 later weer met vuil krippe te sit. Het u vir my raad of selfs produkte wat ek kan gebruik om die probleem op te los asb.?
          • Rooi wurmpies in suipkrip

            Ek merk op dat daar klein rooi wurmpies in die wild se suipings voorkom, veral op die inlaatklep en wanneer hulle blootgestel word aan sonlig, dan krioel dit. Hulle is sowat 2mm tot 10mm lank en lyk soos 'n stukkie vislyn. Is dit skadelik vir wildsbokke en is daar 'n middel wat ek by die drinkwater kan gooi om hulle te beperk?
            • Effek van swembadwater op beeste

              Ek het ‘n paar dragtige Brahmankoeie wat op huurgrond loop. Ek het hulle onlangs verskuif na ‘n nuwe huurplaas. My vraag is: op die plaas is ’n swembad en ek merk dat die beeste water uit die swembad suip. Die swembadwater is baie skoon. Ek is bekommerd of die chloor ‘n nadelige effek op die koeie kan hê. Daar is natuurlike water asook ‘n krip met boorgatwater. Ek dink hulle drink slegs die swembad water as hulle ver van die…
              • Volume water in dam

                Ek wil net weet hoe werk 'n mens die volume van 'n dam se water uit? Ek het 'n ronde dubbel baksteenmuurdam met 'n deursnee van 13 meter en 'n hoogte van 90 centimeter. Ek het 'n sterk boorgat en wil graag die dam vol pomp vir my diere en die besproeiing en sodoende nie munisipale water gebruik nie.
                • Beheer van watergrasse in plaasdamme

                  Is watergrasse in plaasdamme skadelik en hoe kan ek die grasse beheer?
                  • Dooie alge in water

                    Vraag: Op een van my damme vorm daar gereeld 'n dik laag dooie alge (ek glo dis alge). Wat kan veroorsaak dat die alge afsterf? Ek het die laag alge daarop gelos omdat ek gevoel het dit beperk verdamping, maar nou sê die veeinspekteur dat dit kan veroorsaak dat daar nie suurstof in die water kom nie. Verder meen hy dat die dooie alge verrot en gifstowwe sodoende in die drinkwater beland wat die oorsaak kan wees dat die beeste…
                    • Watergras in plaasdam

                      Ons plaasdam is toegegroei met watergras. Die water word gebruik as drinkwater vir die melkkoeie en skape. Hou dit enige gevaar in vir die diere? Hoe kan die gras beheer word? Ons bly in Bethlehem distrik. Pieter Klopper (paulroux@ovk.co.za)