Verskuiwing van beeste

← Terug na indeks
  • Verskuiwing van beeste van Vrystaat na Oos-Kaap

    Ek verskuif 2 tot 4 maande dragtige Bonsmaraverse vanaf rooigrasweiding in die omgewing van Tafelkop tussen Warden en Villiers na Steynsburg in die Oos-Kaap. Die plaas is tussen Steynsburg en Middelburg. Hulle is almal getoets vir BM en is negatief bevind. Die weiding is gemengde boesmangras en kapokbossie. Is daar enige entings wat ek moet doen met die verandering? Wat is u ent en doseer aanbevelings vir die gebied en waarvoor moet ons op die uitkyk wees? Al die verse…
    • Verskuiwing van beeste van Mosselbaai na Riversdal

      Die Departement van Landbou Riversdal is van plan om Nguni beeste vanaf Vleesbaai/Mosselbaai na Riversdal te skuif. Die vorige eienaar het nog geen medikasie aan diere gegee nie, maar net Deadline gegooi vir bosluise. Hy boer al oor die 10 jaar met die Nguni's. Is daar enige iets wat ons moet doen met betrekking tot immunisering, dosering en uitwendige parasietbeheer?
      • Verskuiwing van Borankalwers van Kleinkaroo-veld na Mosselbaai-omgewing

        Dankie vir die geleentheid om te kan raad vra by 'n kundige: Ons het vandag 8 kalwers verskuif van Kleinkarooveld na 'n plaas 18km buite Mosselbaai waar daar meer voeding vir hulle is. Ouderdom wissel van 4 maande - 12 maande. Die kalfies is ondergewig en wissel in massa van 50-100 kg. Hulle is vervoer in 'n sleepwa onder 'n seil as beskerming teen die wind. Die 2 kalwers van 4 maande eet al goed en is vandag eers van…
        • Skuif van beeste – Limpopo na Vrystaat

          Ons verhuis vanaf Pietersburg na Verkykerskop. Kan ek my beeskudde skuif en wat is die aanpassingsprobleme of risiko as ek dit doen? Die verhuising gaan ongeveer April 2011 wees. Ek boer kommersieel met Brahmaan-kruiskoeie.