Kalwers grootmaak

← Terug na indeks
  • Grootmaak van hans bulkalwers se ekonomie

    Ek wil Holsteinbulkalwers groot maak. Wat behels die kostes in vandag se tyd om kalwers groot te maak? Poeiermelk en Molovite en kalfpille is waarmee ek gaan begin. Swenk en lusern gaan aangeplant word om te baal vir voeding, als onder besproeiing (30ha). My beplanning is om 50 ‘n maand groot te maak in kampies tot op ses maande. Wat is die kostes verbonde aan entings en doserings? Wat is die markprys vir Holsteins as hulle verkoop word?
    • Kalfie wil nie suip nie

      Wat maak ‘n mens as ‘n koei gevrek het kort na kalwing en die kalfie wil nie suip nie?
      • Voeding van 3 maande oue speenkalwers tot afronding

        My seun het 10 kalwers gekoop om mee te spekuleer. Die kalwers is volgens die verkoopspersoon (middelman) ongeveer 3 maande oud. Hulle grootte en gewig wissel egter baie. Hoe kan hy bepaal of die diere nog melk moet ontvang en watter voer is op so 'n jong stadium die beste? Dan ook, wanneer moet oorgeslaan word na voeding volgens toekomstige grootte of gewig? Baie dankie. Frans
        • Besigheidsplan vir kalwers grootmaak

          Ek is nog jonk en nuut in die landbou en wil graag die dierebedryf betree. Ek wil weet wat die kostes sal wees vir die grootmaak van kalwers tot en met 6 maande ouderdom bv. melk bulkalwers? Wat moet my begroting per kalf wees vir poeiermelk en veeartsenykostes? Gaan hulle ’n nadeel hê as ek hulle op besproeide weiding laat loop waar kikoejoe en lusern saam geplant is.? Wat moet ek inreken vir my maandelikse water en krag en huur…
          • Wanneer is Frieskalwers slaggereed?

            Ek het verlede jaar 2 friesbulkalwers van ongeveer 4-6 weke oud gekoop en hulle deur al die stappe van grootmaak gevat. Nou wil ek weet wanneer is hulle slaggereed. Ek het nie toegang tot skale en interessante toestelle nie.
            • Voorkom kalwer-verliese

              Ongeveer 79% van diere in 'n melkkudde vrek voor hul teelouderdom bereik. Dít bewys hoe belangrik die korrekte bestuur van pasgebore kalwers is.
              • Die regte tyd om te speen

                'n Besoeker aan landbou.com wil weet wanneer kalwers van melkkoeie gespeen moet word en as dit later is, hoe dit die ma se melkproduksie kan beïnvloed.
                • Ekstra inkomste: Maak kalwers groot

                  Hoeveel melk moet 'n beeskalf kry van die dag wat hy gebore is tot wanneer hy begin vreet?
                  • Grootmaak van melk-kalfies

                    Tot op watter ouderdom moet kalfies melk gegee word en is daar 'n spesifieke melk wat u aanbeveel? Ons het ook 'n kalfie gekoop waarvan die hare uitval: Op sy voorkop, op sy bene en selfs langs sy heupe val sy hare uit sodat net die kaal vel oorbly. Dit vererger sommer vinnig, sy oë dra ook baie. Verder lyk hy op en wakker. - Mariaan de Bruyn (petercarroll@lantic.net)