Bestuur en finansies

← Terug na indeks
  • Stres in diere

    Wat veroorsaak stres in diere en wat is die invloed van stres op diere?
    • Grootmaak van hans bulkalwers se ekonomie

      Ek wil Holsteinbulkalwers groot maak. Wat behels die kostes in vandag se tyd om kalwers groot te maak? Poeiermelk en Molovite en kalfpille is waarmee ek gaan begin. Swenk en lusern gaan aangeplant word om te baal vir voeding, als onder besproeiing (30ha). My beplanning is om 50 ‘n maand groot te maak in kampies tot op ses maande. Wat is die kostes verbonde aan entings en doserings? Wat is die markprys vir Holsteins as hulle verkoop word?
      • Vrugbaarheid se invloed op vleisbeesboere se inkomste

        Hoe kan ek as vleisbeesboer my inkomste vergroot?
        • Kuddekonsultasiedienste vir beeste, kleinvee, varke en wild

          • Koste en periode van voer vir kalwers

            Hoe lank moet ek ‘n kalf van 200kg voer tot ‘n gewig van 300kg. En wat is die gemiddelde koste per kalf oor daardie tydperk?
            • Verskuiwing van beeste van Vrystaat na Oos-Kaap

              Ek verskuif 2 tot 4 maande dragtige Bonsmaraverse vanaf rooigrasweiding in die omgewing van Tafelkop tussen Warden en Villiers na Steynsburg in die Oos-Kaap. Die plaas is tussen Steynsburg en Middelburg. Hulle is almal getoets vir BM en is negatief bevind. Die weiding is gemengde boesmangras en kapokbossie. Is daar enige entings wat ek moet doen met die verandering? Wat is u ent en doseer aanbevelings vir die gebied en waarvoor moet ons op die uitkyk wees? Al die verse…
              • Pootprobleme in voerkraal

                Vrotpootjie by kalwers wat nou 64 dae in kraal is, gee my las. Prossessering is deeglik gedoen, krale is skoon en is vry van uitwendige parasiete. Kom hoofsaaklik voor by kalwers wat goeie GDT het.
                • Moet ek melkkudde hou of verkoop?

                  Goeie more, my man melk tans 20 Switser Suiwel koeie, hy het die melkkudde by sy oorlede oupa oorgeneem wat al jare lank bestaan het. Nou al vir 'n paar jaar lank sukkel ons verskriklik om ons melk verkoop te kry as die somer aanbreek. Ons lewer gewoonlik aan plaaslike groot melkboere maar kom die somer is daar te veel melk en wil hul nie meer langer ons vars melk koop nie. Ons het al gedink om miskien kaas, jogurt…
                  • Hoe om jou inkomste uit vleisbeesboerdery te verhoog

                    Ek het ‘n voordrag van Gerrit van Zyl oor die rol van diere-aantekening tydens Stamboek se kongres in Bloemfontein bygewoon en dit het my so beïndruk dat ek dit graag vir alle vleisboere beskikbaar wil stel. Gerrit het die voordrag verder uitgebrei en hieronder is dit beskikbaar. My dank gaan uit na hom!