Voerinname

← Terug na indeks
  • Inname van voer deur kalwers

    Ek het 3 Brahman bulkalwers gekoop van 108kg. Ek neem aan hulle sal seker so 3 maande oud wees. My kamp is so 20 x 30m met bome en groen gras op die stadium. Ek gebruik een van die resepte op Landbou.com. nl. mieliegruis, SS200, Bypass, melasemeel en gemaalde lusern. My probleem is dat hulle nie hulle 3% van liggaamsmassa vreet nie maar eerder omtrent 1%. Hoe kry ek hulle om die regte hoeveelheid te vreet?
    • Afronding van graad C beeste

      Ons wil begin om C Graad beeste af te rond in ‘n voerkraal. Kan julle my asb. raad gee hoe om dit ekonomies te doen?
      • Pootprobleme in voerkraal

        Vrotpootjie by kalwers wat nou 64 dae in kraal is, gee my las. Prossessering is deeglik gedoen, krale is skoon en is vry van uitwendige parasiete. Kom hoofsaaklik voor by kalwers wat goeie GDT het.
        • Voeriname van speenkalf in voerkraal

          Ek wil graag weet wat is die korrelasie tussen ‘n kalf in voerkraal-toestande se gewig en die hoeveelheid kos wat hy per dag vreet. Indien daar is, hoe werk mens dit uit, en hoe akkuraat is dit? Is daar al proewe gedoen daaroor? – Beukes  (blw@zippnorth.co.za)