Afrondrantsoen

← Terug na indeks
  • Grofheid van mielies in voerkraalrantsoen

    Daar was oor die jare baie menings oor die grofheid van mielies in rantsoen. Van baie fyn tot heel mielies was al voorgestel. Wat is die regte grootte van mielies in beesvoerkraalrantsoen? Is dit meel, gruis, gebreekte pitte of heel mielies?
    • Inname van voer deur kalwers

      Ek het 3 Brahman bulkalwers gekoop van 108kg. Ek neem aan hulle sal seker so 3 maande oud wees. My kamp is so 20 x 30m met bome en groen gras op die stadium. Ek gebruik een van die resepte op Landbou.com. nl. mieliegruis, SS200, Bypass, melasemeel en gemaalde lusern. My probleem is dat hulle nie hulle 3% van liggaamsmassa vreet nie maar eerder omtrent 1%. Hoe kry ek hulle om die regte hoeveelheid te vreet?
      • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

        Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?
        • Afrondrantsoen vir bulle

          Ek gaan nou my bulle weg vat by die koeie en soek ‘n goeie afrondrantsoen. Graag sal ek die rantsoen nie te sterk wil maak nie want ek wil hulle die hele winter op kraal hou! Ek het tef, mielies en kuilvoer tot my beskikking.