Kalwers

← Terug na indeks
  • Wanneer is Frieskalwers slaggereed?

    Ek het verlede jaar 2 friesbulkalwers van ongeveer 4-6 weke oud gekoop en hulle deur al die stappe van grootmaak gevat. Nou wil ek weet wanneer is hulle slaggereed. Ek het nie toegang tot skale en interessante toestelle nie.
    • Uitwerking van kastrasie op groei

      Watter uitwerking het kastrasie op die toekomstige ontwikkeling van ‘n dier? Carel Lotz (lusern@mweb.co.za)
      • Voeriname van speenkalf in voerkraal

        Ek wil graag weet wat is die korrelasie tussen ‘n kalf in voerkraal-toestande se gewig en die hoeveelheid kos wat hy per dag vreet. Indien daar is, hoe werk mens dit uit, en hoe akkuraat is dit? Is daar al proewe gedoen daaroor? – Beukes  (blw@zippnorth.co.za)
        • Koste van kalf in ‘n voerkraal

          'n Leser vra vir leiding rakende die berekening om te bepaal hoeveel dit kos om 'n kalf in 'n voerkraal groot te maak. Een van ons kundiges help.
          • Veldvoorbereide kalwers vir voerkrale

            'n Boer wil kalwers aankoop en voer. (Ook genoem backgrounding vir die voerkrale.) Wat moet hy in ag neem om latere vrektes te beperk?
            • Ekstra inkomste: Maak kalwers groot

              Hoeveel melk moet 'n beeskalf kry van die dag wat hy gebore is tot wanneer hy begin vreet?
              • Grootmaak van melk-kalfies

                Tot op watter ouderdom moet kalfies melk gegee word en is daar 'n spesifieke melk wat u aanbeveel? Ons het ook 'n kalfie gekoop waarvan die hare uitval: Op sy voorkop, op sy bene en selfs langs sy heupe val sy hare uit sodat net die kaal vel oorbly. Dit vererger sommer vinnig, sy oë dra ook baie. Verder lyk hy op en wakker. - Mariaan de Bruyn (petercarroll@lantic.net)