Kalwers

← Terug na indeks
  • Rantsoene vir lammers en kalwers wat sojaboonplante, mielies en oulandsgras bevat

    Kan u asb vir my raad gee vir ‘n mengsel om lammers mee af te rond, ek het: Sojaboonbale (hele plant met blare en peule), Mielies, Oulandsgras bale Ook asb. produksielek vir speenkallers met bg. as beskikbaar
    • Inname van voer deur kalwers

      Ek het 3 Brahman bulkalwers gekoop van 108kg. Ek neem aan hulle sal seker so 3 maande oud wees. My kamp is so 20 x 30m met bome en groen gras op die stadium. Ek gebruik een van die resepte op Landbou.com. nl. mieliegruis, SS200, Bypass, melasemeel en gemaalde lusern. My probleem is dat hulle nie hulle 3% van liggaamsmassa vreet nie maar eerder omtrent 1%. Hoe kry ek hulle om die regte hoeveelheid te vreet?
      • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

        Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?
        • Groen kuilvoer vir kalwers

          Kan ek groen mieliekuilvoer direk vanaf die land aan kalwers (250 kg) in kraal voer sonder enige byvoegsels? Sal die kalwers gewig optel?
          • Afronding van speenkalwers op mieliekuilvoer

            Ek was voorheen 'n melkboer met baie kuilvoer tot my beskikking. Ek het nou my melkery gestaak en gaan oorslaan vleisbeeste toe. My vraag is; 1. Kan ek gespeende kalwers inkoop (of dan u voorgestelde gewig van aankoop) en op die kuilvoer sit om groot te maak en af te rond tot slaggereed? 2. Ek weet die kuilvoer is gewoonlik hoog in energie. Sal ek dus toevoegings moet maak om die proteïne op te stoot vir die aanvanklike groeifase? 3.…
            • Pootprobleme in voerkraal

              Vrotpootjie by kalwers wat nou 64 dae in kraal is, gee my las. Prossessering is deeglik gedoen, krale is skoon en is vry van uitwendige parasiete. Kom hoofsaaklik voor by kalwers wat goeie GDT het.
              • Besluit hoe om speenkalwers af te rond

                Ek is ‘n speenkalfprodusent en met die laer speenkalfpryse weet ek nie of ek hulle moet verkoop of self moet voer nie. Het julle raad vir my?
                • Aanwending van kuilvoer

                  Ek het so pas 'n klompie mielies ingekuil, baie mooi mielies met al hul koppe saam gekuil. Ek sit nou en wonder wat sal julle aanbeveel hoe moet ek dit gebruik vir die hoogste opbrengs uit die kuilvoer?
                  • Kastrasie van bulkalwers met rekkies

                    Ek maak fries- en jerseykalwers groot en wil graag weet of hulle beter sal uitgroei as ek hulle kastreer? Kan ek die rekkies wat jy vir skape gebruik vir hulle posit? Hulle is nog baie klein en is net ‘n paar weke oud.
                    • Speenkalf- versus osboerdery

                      : As ek met osse wil boer op die veld, op watter ouderdom sal ek die meeste wins maak? Sekere mense sê op 3 jaar. Is dit so en hoe vergelyk dit met speenkalfboerdery (ek wil so min as moontlik voer)?