Afronding

← Terug na indeks
  • Grofheid van mielies in voerkraalrantsoen

    Daar was oor die jare baie menings oor die grofheid van mielies in rantsoen. Van baie fyn tot heel mielies was al voorgestel. Wat is die regte grootte van mielies in beesvoerkraalrantsoen? Is dit meel, gruis, gebreekte pitte of heel mielies?
    • Karkasvet verkleuring van geel na wit

      Ek koop nou en dan 'n paar koeie (maer, medium en vet) wat in die veld gestaan het en wat ek vir 'n beperkte tyd in 'n voerkraal sit om afgerond te word vir beter bouvorm en dat die geel vet verander na wit vet. Hoe lank neem dit gemiddeld vir geel vet om na wit vet te verander op 'n rantsoen wat bestaan uit mielie kuilvoer, chop/wit mielies, strooi en brood.
      • Rantsoene vir lammers en kalwers wat sojaboonplante, mielies en oulandsgras bevat

        Kan u asb vir my raad gee vir ‘n mengsel om lammers mee af te rond, ek het: Sojaboonbale (hele plant met blare en peule), Mielies, Oulandsgras bale Ook asb. produksielek vir speenkallers met bg. as beskikbaar
        • Inname van voer deur kalwers

          Ek het 3 Brahman bulkalwers gekoop van 108kg. Ek neem aan hulle sal seker so 3 maande oud wees. My kamp is so 20 x 30m met bome en groen gras op die stadium. Ek gebruik een van die resepte op Landbou.com. nl. mieliegruis, SS200, Bypass, melasemeel en gemaalde lusern. My probleem is dat hulle nie hulle 3% van liggaamsmassa vreet nie maar eerder omtrent 1%. Hoe kry ek hulle om die regte hoeveelheid te vreet?
          • Bepaling van die gemiddelde daaglikse toename en voeromsetting van lammers en beeste in ‘n voerkraal

            Wat is die mees doeltreffende manier om die GDT en voeromsetting (VOS) van lam en bees in 'n voerkraal te meet sodat voer nie die wins weg vreet nie, maar ook nie die prestasie van die dier beїnvloed nie? Vir bees staan ons tans 60 bees in 'n kamp. Drukgang met skaal is omtrent 300m weg van kamp. Om GDT te bereken: sal dit 'n drastiese effek hê op die prestasie van die bees as mens 'n steekproef (± 5…
            • Afronding van graad C beeste

              Ons wil begin om C Graad beeste af te rond in ‘n voerkraal. Kan julle my asb. raad gee hoe om dit ekonomies te doen?
              • Muskiete pla speenkalwers

                Ek het speenkalwers wat ek op groenweiding probeer slaggereed maak, die kalwers se huidige gewig is 330kg. Ek wil graag weet of dit my gaan baat om ‘n middel te spuit vir die muskiete aangesien die beeste glad nie optimaal kan vreet met die groot hoeveelheid muskiete hier nie. Ook wat is die maksimum effek van muskiete op 'n speenkalf se GDT? (kalwers op veld kry supermol lek by en het oorinplantate). Baie dankie
                • Aantal beeste by voer en drinkbak

                  Hoeveel beeste kan ek gelyk voer by ‘n bees selfvoerder van 2,4 meter breed en hoeveel beeste kan gelyk water drink by ‘n drinkbak wat 1800 liter water hou en 1,4 meter breed is?
                  • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

                    Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?