Brand na brand deur WoF beveg

Deur Lisa Lottering
24 Augustus 2017
Talle provinsies het die afgelope week deurgeloop onder hewige brande.

Die huidige brandseisoen is in talle provinsies so intens dat Working on Fire die afgelope week in ‘n periode van 24 uur sowat 44 brande beveg het.

Volgens mnr. Linton Rensburg, nasionale woordvoerder van Working on Fire, het die brande in die Vrystaat, Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Limpopo en Noordwes voorgekom.

Sedert die winterbrandseisoen op 1 April begin het, het die brandbestrydingsorganisasie ‘n totaal van 800 brande geblus. Die brand het skade aan 122 000 ha veroorsaak.

Die intensiteit van die seisoen word vererger deur die droogteverwante toestande in sommige gebiede, wat bydra tot ongewone brandaktiwiteite.

Vrystaat
Sowat 50 000 ha het in die distrik Vrede in die Vrystaat afgebrand. Volgens mnr. Drikus Odendaal, verteenwoordiger van Working on Fire in Vrede, het tot vier brande skade in die distrik veroorsaak, waarvan ‘n groot deel ‘n impak op plaaslike landboubedrywighede gemaak het.

Volgens ‘n verklaring van Vrystaat Landbou het meer as 60 000 ha se veld, 4500 bale, 100 skape en meer as 50 beeste in die slag gebly.

“Ons brandbestryders sal paraat bly en sal reg wees om dienste aan grondeienaars en munisipaliteite te lewer,” sê Rensburg.

“Ons versoek dat alle gemeenskappe en grondeienaars waaksaam bly en nie brande stig nie en ook op hoogte bly van die daaglikse waarskuwings volgens die brandrisiko-indeks wat deur die Suid-Afrikaanse weerdiens verskaf word.”


Kommentaar

Een kommentaar op “Brand na brand deur WoF beveg

  1. Johan Terblanche
    Johan Terblanche

    My naam is Johan Terblanche en ek sit op die bestuur van Vrystaat Sambreel Brandbestrydingsvereniging.Dit is my persoonlike mening dat Working on fire in die Vrystaat roem op brande wat geblus is deur boere self by die meeste brande waar ek die insidentbestuurder was het hul net die “mob up “werk gedoen.Working on fire was n groot hulp in die Vrystaat maar is nie meer in my area nie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels