Vra vir Faffa

Wortelgroei belangrik om van kennis te neem in weiveldbestuur

Vraag

Vertel my asb. meer oor hoe ek my weiveld kan verbeter?

Antwoord

Wortelgroei belangrik om van kennis te neem in weiveldbestuur

Die bogrondse produksie van die weiplant word oor jare meer intensief ondersoek, terwyl die ondergrondse dele nie die nodige aandag geniet wat dit wel verdien nie.  Die belangrikste redes hiervoor mag wees dat dit nie ‘n direkte bydrae tot diereproduksie lewer nie en dat sulke studies is ongelukkig ook arbeidsintensief en langtermynprojekte. Verkeerde weiveldbestuurspraktyke hou nie slegs nadelige gevolge vir die benutbare bogrondse produksie van die weiveld in nie, maar benadeel ook die ondergrondse komponent wat uiteindelik weer indirek volhoubare diereproduksie verlaag en waarvan die veeboer wel deeglik kennis van moet dra.  By wyse van spreuke kan met reg gesê word dat intensiewe wortelstudies by weiplante is waar Daantjie die wortels vir volhoubare weidingekosisteem funksionering gegrawe het.

Die tradisionele uitdagings van die ekonomie en volhoubare veeproduksie is steeds daar te midde van internasionale mededinging, wisselende ekonomiese toestande en wisselvallige klimaat. Hierdie uitdagings noodsaak die veeboer om nuut te probeer dink en planne te beraam om maksimum wins op sy plaas te probeer genereer. Wat spesifiek weiveld aanbetref moet die strewe wees om die weiplant se groeikrag so hoog moontlik te probeer hou sonder dat veldagteruitgang sal plaasvind en dit is hier waar wortelstudies ‘n essensiële rol kan speel.

Klik op onderstaande aanhangsel vir die volledige antwoord.

Hierdie antwoord het in die Beefmaster tydskrif van 2016 verskyn.

Geskryf deur:

Prof Hennie Snyman

Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde

Universiteit van die Vrystaat

snymanha@ufs.ac.za

23 Julie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X