Vra vir Faffa

Worshonde ruik sleg

Vraag

My worshonde krap aanhoudend en hul gee’n baie snaakse reuk af. Ek bad hul gereeld elke naweek met honde shampoo maar daar is geen verbetering nie. Ouderdom kan dit nie wees nie want die een is 5 jaar en die andereen 1 jaar oud.

Antwoord

Daar is verskeie oorsake van snaakse of slegte reuke by honde, soos byvoorbeeld ‘n bakteriële vel infeksie, tandbederf, tandvleisontsteking, oorinfeksies, afskeiding van anale kliere. Daar is 2 anale kliere wat weerskante van die anus voorkom. Hulle is reuk-kliere en skei ‘n olierige afskeiding af wat gebruik word om gebiede te merk. Gedurende normale honde groet gedrag, word die afskeidings van die anale kliere geruik wanneer hulle onder mekaar se sterte ruik. Normale afskeidings van anale kliere het ‘n slegte reuk. Die slegte of snaakse reuke kan dus normaal wees, of dit kan mediese oorsake hê. Gebaseer op die feit dat hulle egter krap, dink ek die beste sal dus wees om u honde na u veearts te neem vir algemene ondersoeke, sodat daar bepaal kan word of daar ‘n mediese oorsaak vir die probleem is of nie. Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc) 1. Anal sac disease. College of Veterinary Medicine Pet Health Topics [webblad]. Beskikbaar by www.vetmed.wsu.edu/cliented/anal.aspx 1 Junie 2011


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X