Vra vir Faffa

Wondinfeksies

Vraag

'n Leser wil weet waarom haar bullterrier se stukkende plekke in gaatjies verander waaruit `n vloeistof loop, al word dit gereeld skoongemaak.

Antwoord

Vraag:
Sodra my bullterrierteef `n stukkende plek kry, verskyn daar gaatjies waaruit `n vloeistof loop. Die areas voel ook pofferig. Die stukkende plekke word gereeld skoongemaak. Kan u help, asseblief? – Zenobia (bcwoodworks@telkomsa.net)

Antwoord:
Die vel
Die vel is die liggaam se grootste orgaan. Die vel bestaan uit 3 lae:

  • epidermis of opperhuid
  • dermis
  • hipodermis

    Die vel is die eerste lyn van verdediging teen bakterieë en ander skadelike organismes. Velwonde maak dus die deur oop vir infeksie in honde en katte.

    Inflammasie en Infeksie
    Inflammasie is die reaksie(s) van die weefsel na aanleiding van besering. Die 5 tekens van inflammasie sluit in:

  • Warmte van die geaffekteerde area.
  • Rooi verkleuring van die geaffekteerde area.
  • Swelling van die geaffekteerde area.
  • Pyn.
  • Verlies van funksie bv. mankheid wanneer die wond op die been of poot voorkom.

    Infeksie is die teenwoordigheid van mikro-organismes wat siekte kan veroorsaak. Tekens van ‘n moontlike infeksie sluit ‘n koors en ‘n slegruikende afskeiding vanuit die wond in.

    Honde se instink
    Diere se algemene instink is om die wonde te lek en dit kan die probleem net vererger. In sulke gevalle mag ‘n "Elizabethan collar" benodig word om verdere skade te voorkom.

    Behandeling
    Alle wonde moet korrek skoongemaak word. U veearts sal u help met die aanvanklike skoonmaak van die wond en u wys hoe om die wond daarna skoon te hou. Diep wonde mag steke benodig. Waar infeksie teenwoordig is, mag sistemiese antibiotika benodig word.

    Geskryf deur: Dr. Sunelle Strydom, Intervet/Schering-Plough Dieregesondheid.

    19 Desember 2008


Kommentaar

Een kommentaar op “Wondinfeksies

  1. Brenda
    Brenda

    My bullterrier loop al 2jaar met sweersels op al 4 pote was by paar veeartse wat verskillende duur behandelings toegepas het. Niks help daarvoor of verbeter dit nie. Ek het al moed opgegee. Op die stadium is sy pote baie pienk en opgeswel vol sere waaruit sweersel kom. As iemand dalk raad het laat weet my by brensteynv@gmail.com


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X