Vra vir Faffa

Wit laksering by kalwers

Vraag

Vriende van my boer in Stella se wêreld met Bonsmaras. Die afgelope tyd ondervind hulle nou en dan wit laksering by die jong kalwers. Hulle het al ‘n paar verloor. Hulle entings- en spuitprogram is goed en bestuur van alle ander fasette ook baie goed. Hulle het 'n puik stoetery en wil graag weet wat hulle voorkomend kan doen of war hulle moet doen wanneer gevalle wel voorkom. Die kalfies dehidreer baie , maar hulle kon deur vinnige optredes en bestuur hul verliese redelik beperk. Is dit aansteeklik? Wat kan effektief daarvoor gebruik word bv. entings. Net vir interessantheid - in Lady Grey omgewing het daar hierdie week ook by 'n beesboer gevalle voorgekom. Ek glo ander boere kan ook hierby baat en sal baie bly wees om van u te verneem. Rudolf

Antwoord

Dit is baie belangrik dat daar so gou as moontlik vasgestel moet word wat die diarree veroorsaak

Maak die regte diagnose!

Om te sien hoe baie “dinge” diarree kan veroorsaak, kan die volgende antwoorde wat reeds verskyn het, bestudeer word:
 
        Diarree in beeste
         Diarree by jong kalfies
Ek beveel aan dat u saam met u veearts gou die oorsaak sal identifiseer deur die nodige monsters te neem en na ’n laboratorium weg te stuur vir ontleding.
Nadat die oorsaak vasgestel is, kan die regte voorkoming en behandeling voorgeskryf word.
Geskryf deur: dr. Faffa Malan
18 Januarie 2010
 

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X