Vra vir Faffa

Wilde lusern of jaagsiektebossie vergiftiging

Vraag

Watter soort vergiftiging veroorsaak wilde lusern?

Antwoord

Crotolaria spesies (wilde lusern, jaagsiektebossie – C. dura, C. globifera, C. juncea;  Sunn-hennep – C. spartiodes,  duinebos, besembos) word in Suid-Afrika geassosieer met ‘n kroniese asemhalingsiekte in perde en muile, wat jaagsiekte genoem word.

https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1813&bih=812&q=crotalaria&oq=Crotolaria&gs_l=img.1.0.0i10j0j0i10l8.2080.6832.0.11511.10.10.0.0.0.0.476.2535.2-9j0j1.10.0….0…1ac.1.64.img..0.10.2528.QH53jJOSV_M

Die siekte word gekenmerk deur koors, vinnige asemhaling, onreëlmatige asemhaling , emfiseem en somyds leweraantasting. Wolverlies is in skape gerapporteer.

Dr. Arnold Theiler het wilde lusern vir ‘n os gevoer. Die os het opgehou vreet, ‘n swart waterige diarree ontwikkel en gewig verloor met geen asemhalingsprobleme nie. Die dier het koors ontwikkel en gevrek.

In ‘n proef wat Steyn en De Kock in skape gedoen het, het skape wat met die plante in saad gevoer is, tussen 10 en 135 dae gevrek met dieselfde asemhaling sietetekens as perde met jaagsiekte.

Omdat perde nou meestal met goeie kommersiële rantsoene en goeie kwaliteit hooi gevoer word, is vergiftiging met hierdie plante tans raar.

Kellerman,T.S, Coetzer, J.A.W, Naude, T.W and Botha, C.J. 2005. Plant poisonings and mycotoxicosis of livestock in Southern Africa. Oxford University Press. ISBN 978 0 19 576613

Saamgestel deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

1 Februarie 2016

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X