Vra vir Faffa

Wil met kwartels boer

Vraag

Is 'n kwartelboerdery haalbaar? Is daar slagterye wat sal help om te slag? Weet iemand dalk van afsette vir kwartels, of moet ek maar self die bemarking aan hotelle en restaurante hanteer? Die belangrikste op die stadium is om te weet van slagpale. Sal terugvoer baie waardeer.

Antwoord

Leon Kruger skryf:

Kontak die LNR by 012 672 9111 en vra die telefonis dat sy die selfoon-nommer van die pluimvee seksie moet gee. Hulle sal kan help met navrae.

Op grond van vorige ervaring met pluimvee sal ek poog om die vrae te antwoord.

Is ‘n kwartelboerdery haalbaar?
Kwartels is goeie eier-lê voëls en indien die eiers kunsmatig uitgebroei word, kan die boerdery baie vinnig uitbrei. Die grootmaak van kuikens behels egter bietjie ervaring en kundigheid.

Is daar slagterye wat sal help om te slag?
Sover my kennis strek is daar nie spesifieke slagpale vir die voeltjies nie.

Weet iemand dalk van afsette vir kwartels, of moet ek maar self die bemarking aan hotelle en restaurante hanteer?
Dit is ‘n ekslusiewe mark wat baie vinnig versadig. Jy sal self moet mark soek. Daar is moontlik ‘n groter afstet vir eiertjies as vir die vleis.

Vossie de Vos, Landbouweekblad se bibliotekaresse, skryf:

In die Langkloof boer Elize van Greunen-hulle met kwartels en hulle gebruik die kwartels vir etes in hulle restaurant.
Haar tel is 042 273 1516 kantoortyd; 042 273 1735 na ure en haar sel is: 082 498 1045. Haar e-pos is: vgreunen@lantic.net.

Dan is daar die tarentaal-navorser, Slang Viljoen, moontlik kan hy ook met kwartels help. Sy tel is 012 548 0841; sel 083 537 6001. e-pos:
Slangvil@iafrica.com.

15 Junie 2010


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X