Vra vir Faffa

Wil koljander verbou

Vraag

Hi Faffa Ek wil graag n ekstra in komste vir my self maak ekt so 2.5 hektar wat ek wil koljander plant ma ekt geen idee of dit n goei beligging gaan wees nie. Ek bly net buit bloemfontein op n plot en het sterk water van n boor gat ek weet my ou het altyd koljander geplant en verkoop op di selfde plot ma ek kani lekke ondou hoe het sy tewerke gegaan ni en is da n mark vir dit in sa en hoe gaan ek tewerke die grond was nog nooit geploeg wa van ek weet ni en daa is tans geen dierre op di veld ni kan jy my asb tou wys maak Dankie Johan Erasmus

Antwoord

Koljander is ‘n spesery wat baie in kosgeregte gebruik word  Bv in die maak van wors. Dit is geurig in sommige geregte.  Dit word ook medisinaal gebruik.

Wat die verbouing betref, sal dit beter wees as jy Margaret Roberts Herbal Centre kontak by telefoonnommer 071 161 6441

Dan moet jy ook navorsing doen waar daar afsetpunte vir die produk is.

Vriendelike groete

A. de Vos

Landbouweekblad


Kommentaar

Een kommentaar op “Wil koljander verbou

  1. Stoney Steenkamp
    Stoney Steenkamp

    Hi Johan.
    My Oupa hulle het met koljander geboer in die Robertson distrik in die laat sewentiger jare. As kind onthou ek hoe die koljander bosse met trekker en sleepwa na ‘n harde kleibaan gebring is en met die Ford 3000 heen en weer uitgetrap was. Die groot stingels is dan met langsteel vurke verwyder. Die koljander was dan deur ‘n wan masjien gesit, wat gehuur was van die Barry’s Handelshuis op die dorp, om die res van die stingels te verwyder. Die skoon koljander is dan in streepsakke verpak en ook aan die einste Handelshuis verkoop. Vandag is die proses seker baie meer modern. Sterkte met jou koljander !


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X