Vra vir Faffa

Wetlike aspekte betreffende vleis van siek bees vir menslike gebruik

Vraag

Ek wil graag weet of ‘n mens ’n bees kan slag wat lamsiek het en of die vleis dan giftig is vir menslike gebruik?

Antwoord

Die antwoord is eenvoudig: nee jy mag nie ‘n siek bees se vleis vir menslike gebruik, beskikbaar stel nie. Daar is slegs die statutêre outoriteit (gesondheidsinspekteur) wat onder die Gesondheidswet aangewys is om die pligte van vleisinspeksie te kan uitvoer in slaghuise, prosesserigsaanlegte, ens. Daar is ook persone oa. veeartse, vleisinspekteurs en vleisondersoekers wat statutêr onder Wet 40 van 2000 (Abattoirs) aangewys word om pligte te kan uitvoer. Hierdie persone moet seker maak watter magte  hulle aanstelling aan hulle gee en waar hulle hul werk mag bedryf (bv. net in ‘n abattoir en nie op ‘n plaas nie).

Persone wat nie opgelei en statutêr aangestel is nie,  mag nie aan ‘n produsent voorstel dat  ‘n bees wat mastitis gehad het, of ‘n skaap wat blou-uier gehad het, aan sy werkers  gegee mag word, omdat die infeksie sogenaamd “lokaal’ van aard was –  as ons as boere dit nie deur die voorgeskrewe regulasies volg nie, mag die volle geskut wat die Verbruikersbeskermingswet (“VBW”) op ons losgelaat word.

As daar ‘n eis ontstaan, bv. weens siektes wat deur diere aan mense oorgedra word, en dan verwoestend op mense se gesondheid inwerk, en daar is eise vir elke denkbare vorm van skade wat ‘n verbruiker kan ly. Dit mag so erg wees dat ‘n produsent sy korttermynversekering se hulp sal moet inroep om hom met die betaling van ‘n eis te help.

Waar ‘n produsent egter so roekeloos soos hier optree, deur geensins seker te maak dat  vleis aan regulatoriese vereistes voldoen nie , mag hy selfs probleme met sy voormelde versekering optel, weens sy roekelose optrede – die tyd het ongelukkig aangebreek dat ons as produsente volle verantwoordelikheid moet  aanvaar vir diere  se gesondheid wat ons verkoop, of wie se vleis ons aan verbruikers voorsien.

 

Die eise gaan in omvang toeneem en sekere prokureurs wat op hierdie gebied spesialiseer , maak dit hul besigheid om eisers met sulke eise by te staan – kyk maar die advertensies op die hoofstroom TV van prokureurs wat kliënte met sekere eise bystaan  – wees verseker dat dit uitgebrei gaan word na eise teen produsente.

Geskryf deur: Butch van Blerk, Bill Tolken en Hendrikse Ingelyf (butch@billtolken.co.za) www.billtolken.co.za en Dr. Hein Nel, Uitvoerende Direkteur, Voedselveiligheidagentskaphnel@icloud.com, webblad: http://www.foodsafetyagency.co.za

21 Oktober 2016

 

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X