Vra vir Faffa

Wenke vir die beweiding van sojalande

Vraag

Ek wil graag weet hoe ek my verliese kan beperk wanneer sojalande bewei word?

Antwoord

Ek gebruik baie soja in my eie diere en wei selfs lande wat nie gestroop word nie.

My aanbevelings bevat die volgende :

  • Ent diere teen bloednier en rooiderm 
  • Gooi soja vir skape op kort gras uit met kunsmisstrooier  en laat bewei, verhoog hoeveelheid elke 3 de dag  vir 9 dae 
  • Plaas al jou skape gelyk op ‘n land 
  • Maak seker daar is nie hope soja wat die stroper gemors het nie 
  • Sit my kombinasie teensuurpoeier in die waterkrip of tenk 2x per dag. -Dit bevat onder andere ‘n kalsiumsout wat stadig oplos 
  • Bewei die land lig. Moenie probeer om een land tot stof te wei en dan te skuif nie – skuif as daar nog pitte op land lê en kom later weer terug. Dit voorkom dat skape suurpens kry elke keer dat hulle geskuif word. 
  • Moenie enige lek saam met soja gee nie, nie proteїen of energie lek nie en lande-lek sal eers gevreet word as soja’s op is daarom sit ons teensuurkombinasie in water. 
  • As skape lank op lande gaan bly, sal hul teen die einde ‘n kalsiumtekort kry As sojapeule op is en daar nog baie pitte op die grond lê, vul dan kalsium aan. Ek vermoed dat  kalsiumopname deur seepvorming  bind en  peule  heelwat kalsium in vergelyking met  pitte, bevat. 
  • Ek dien (inspuiting) vitamine B 1 en B12 saam toe as skape die lande lank gaan  bewei. Een keer per maand is genoeg. 
  • Speenkalwers doen  verbasend goed op sojalande wat nie met Flexitafel op grond gestroop is nie. 
  • Persoonlik bewei ek soja met lammers na speen en met ooie en ek merk nie op dat bies dik word nie. Besetting is ook goed nadat ooie soja bewei het so ek dink nie die estrogeeneffek hou water nie. 

Bogenoemde is net my opinie en ek is seker daar is ‘n paar gate in die manier van doen.

Geskryf deur dr. Piet van Zyl, Heilbron (piet@plvanzyl.co.za)

28 Julie 2016


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X