Vra vir Faffa

Weidingsgewas op sandgrond met hoë sulfaatinhoud

Vraag

Ek wil op 3 hektaar sandgrond, waar daar tans net proteabome en fynbos groei, weiding vestig. Hoe kan ek die sulfaatvlak van die grond afbring en watter gewas kan ek plant vir weiding vir skaap en bees?

Antwoord

Die voorkoms van hoë sulfaatvlakke, op veral sandgrond, is nie ‘n algemene verskynsel nie, aangesien dit gewoonlik maklik in sandgronde uitloog. ‘n Grondontleding om ook die teenwoordigheid van ander elemente vas te stel, is van uiterste belang.

Verder is dit nodig om ook verdere inligting oor u spesifieke behoefte te hê, soos:
In watter streek is die plaas? (Met Proteas en fynbos aanvaar ek dis in die Wes-Kaap iewers).
Wat is die langtermyn gemiddelde reënval?
Is dit hoofsaaklik winterreënval?
Is dit onder droëland toestande? Is daar besproeiing beskikbaar?
Indien wel, watter stelsel? Wil u die weiding gebruik vir vetlamprodukse, melkproduksie of vleisbeeste?
‘n Goeie voervloei (as dit in die Wes- of Suid-Kaap is) kan gewoonlik gebaseer word op die gebruik van kikoejoe (onder besproeiing), raaigrasse en langswenkgras.
Ek help graag as genoemde feite beskikbaar is. Indien u wel in die Wes- of Suid-Kaap is, kan u ook baie waardevolle inligting van dr. Phillip Botha van Outeniqwa Proefplaas, George, kry. Sy selfoon nommer is: 0836411395.
Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)
18 Januarie 2012
Lees ook: 
Oorsaai van kikoejoeweiding met eenjarige raaigras                                                            

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X