Vra vir Faffa

Waterpens veroorsaak deur kraalbos

Vraag

Ons sukkel baie met waterpens wat die skape kry van kraalbos (Galenia africana) vreet. U weet nie dalk van iemand wat navorsing hieroor kan doen en ons kan help met moontlike oplossings nie? Ons spandeer duisende rande aan voer om die uitwerking van kraalbos te probeer teenwerk, maar dit is nie suksesvol nie. Met die droogte en voerskaarste is die probleem nog erger. Ons boer in die Hardeveld. Die probleem strek van Vredendal tot by Springbok.

Antwoord

Kraalbos (yellow bush, geelbos) se wetenskaplike naam is Galenia africana.

https://www.google.co.za/search?hl=en&site=imghp&tbm=isch&source=hp&biw=1360&bih=609&q=Galenia+africana&oq=Galenia+africana&gs_l=img.12..0i30.2151.7797.0.11705.16.9.0.7.7.0.239.1799.2-8.8.0….0…1ac.1.64.img..1.15.1813.rFhpQf-jQjM

Die bossie  kom veral voor waar grondversteuring plaasgevind het bv. rondom krale, langs paaie, ou lande asook uitgetrapte veld. Die bossie kom wydverspreid in die westelike en suidelike Karoo voor.

Die plant word geassosieer met lewerbeskadiging en erge askites (waterpens) in skape en bokke. In die eindstadium van die vergiftiging word die hartspier ook aangetas.

Kliniese tekens ontwikkel meer dikwels in ooie en veral as hulle in swak kondisie is tydens droogtetoestande wanneer hulle geforseer word om die plante te vreet weens ‘n gebrek aan ander kos.

Die mees algemene kliniese teken wat gesien word, is die vergroting van die abdomen en gewigsverlies. Diere lyk wakker en hulle vreet nog totdat hulle apaties begin raak, gaan lê en vrek. Op nadoodse ondersoek kan gesien word dat die lewer aangetas is en dat daar baie water in die buik is.

Daar is nie behandeling nie en al wat voorgestel kan word, is goeie veldbestuur asook byvoeding veral  vir die hoër produserende diere, dragtige of lakterende ooie.

Geskryf deur: prof. Christo Botha, Toksikoloog, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria (christo.botha@up.ac.za) en dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nshuaisp.co.za).

16 Maart 2016

 

 

 


Kommentaar

Een kommentaar op “Waterpens veroorsaak deur kraalbos

  1. Lorrie
    Lorrie

    Ek lees die interessante artikel raak oor hoe dit gebruik word vir die maak van seep, http://www.conservation.org/global/ci_south_africa/fmg/articles/Pages/Soap-from-the-bush.aspx


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X