Vra vir Faffa

Waterhondjie as troeteldier

Vraag

Ek het onlangs ‘n artikel wat u oor waterhondjies geskryf het op die internet gelees. Ek vra om verskoning dat ek u met so ‘n eenvoudige vraag pla, maar my dogtertjie het ‘n waterhondjie in ‘n bottel gevang en sy wil dit aanhou. Kan ons dit doen en wat eet so ‘n waterhondjie – iets prakties wat ons in die water kan gooi? Is dit net ‘n larwestadium, m.a.w. verander die waterhondjie in ‘n ander insek of bly dit ‘n waterhondjie? Baie dankie , Jacques Greeff

Antwoord

Waterhondjies

Soos ek in die stuk waarna jy verwys gesê het, kan daar soms verwarring tussen waterhondjies en waterkewers wees. Dit maak nie hier saak met watter insek ons hier te doen het nie, want die antwoorde op jou vra geld vir albei.
Die swart keweragtige vorm wat op die oppervlakte beweeg is die volwasse stadium. Die volwasse mannetjies het gladde elytra (vlerkbedekkings) terwyl die wyfie s’n fyn groefies in het. Paring vind op die wateroppervlakte plaas en die wyfie lê dan haar eiers op plante of ander voorwerpe op of na aan die bodem  van die dam of stroompie waarin hulle leef. Elke wyfie kan tot 600 eiers lê. Die larwes broei uit en leef onder die oppervlakte, gewoonlik naby die bodem. Hulle haal asem deur veervormige kiewe en is aggressiewe vreters. Die mandiebels (monddele), waarmee hulle die prooi vang en dan droog suig, is sekelvormig. Die prooi is ander lewendige organismes. Wanneer hulle gereed is om te pupeer, verlaat hulle die water en vorm ‘n kokon in die klam grond naby die water. Wanneer die volwasse insek uitbroei, soek dit ‘n geskikte waterhabitat. Hulle vreet klein insekte en ander organismes.
Om waterhondjies in ‘n kunsmatige habitat aan te hou, sal beplanning kos, maar met genoeg toewyding kan die regte omstandighede geskep word. Onthou net, die volwasse insekte het vlerke en hulle vlieg gewoonlik snags rond op soek na kos of ‘n beter habitat of om te paar.
Geskryf deur: dr. Victor Whitlock, Landboukundige (whitlockv@yahoo.com)
26 November 2011      
Lees ook:

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X