Vra vir Faffa

Waardetoevoeging op besproeide eenjarige weiding

Vraag

Hoe kan ek waarde toevoeg op eenjarige winterweiding?

Antwoord

Waardetoevoeging op besproeide eenjarige winterweiding. 

Om waardetoevoeging tot sy produkreeks te bereik, evalueer Molatek sy produkte binne produksiestelsels en verkry sodoende ’n volledige beeld van die totale bestuur van die stelsel. ’n Alternatiewe wyse van waardetoevoeging is om besproeide weiding in plek van ’n voerkraal te benut.

Variasies bestaan van totale afrond tot waar diere slegs vir ’n kort tyd op die weiding geplaas word en daarna na die voerkraal gaan.  Hierdie is van belang aangesien dit  weidruk / aanvulling op die weiding bepaal.  Indien afgegrond wil word, word ’n laer weidruk toegepas teen ’n beter groei om seker te maak diere behaal ’n swaar gewig met afgeronde karkasse. Indien voerkraalvoorbereiding toegepas word, word weidruk verhoog wat lei tot verlaagde daaglikse groei, maar die totale kilogram vleis per hektaar verhoog.  Individuele groei per dier is minder van belang binne hierdie stelsels en einddoel word in konteks met kilogram vleis per hekaar gesien.

Vir die volledige antwoord, klik op onderstaande aanhangsel

Geskryf deur: Johan  Mouton, Tegniese bestuurder R&D, Molatek,  (MoutonJ@tsb.co.za) & Yvette Brits,  Navorser, Afdeling Weiding, Departement  Landbou en Landelike ontwikkeling, Potchefstroom

13 April 2014


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X