Vra vir Faffa

Waar kan ek deskundige raad bekom?

Vraag

Ek kyk nou al 'n geruime tyd na die moontlikheid om te begin boer. Ek het geweldig baie vrae waarvoor ek antwoorde soek. Vrae soos hoe groot moet grond wees om lewensvatbaar te kan boer. Wie kan julle aanbeveel om mee te praat ?

Antwoord

Soos vantevore al in hierdie rubriek gesê is, is daar geen algemene riglyn om as antwoord te verskaf nie. Dit is absoluut onderhewig aan waarmee jy gaan boer, waar jy gaan boer, hoeveel kapitaal jy self kan verskaf en hoeveel jy uit die boerdery nodig het om self van te leef.

Jy moet jou opsies afbaken en dan met mense in die spesifieke omgewing en tipe boerdery gaan gesels. Dan kan jy begin somme maak oor wat die winsgewendheid van so ‘n tipiese boerdery gaan wees en kyk of jy dan jou kapitaal kan vergoed en jou leefkoste kan betaal. Daar is ongelukkig nie ‘n standaard formule vir jou vraag nie.

Dr. Philip Theunissen                                            
 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X