Vra vir Faffa

Vuilbekentstof

Vraag

Ek kry vrae van boere wat vind dat ten spyte van inenting met vuilbekentstof diere weer vuilbek kry. Kan ek meer duidelikheid oor die effektiwiteit van die entstof kry?

Antwoord

Ek het ‘n viroloog prof. Moritz van Vuuren gevra om vir my antwoorde op ‘n paar vrae te verskaf:

Vraag: Is vuilbekentstof ”Orf”, ‘n goeie entstof?
Geen vuilbekentstof is besonderlik effektief nie om die eenvoudige rede dat selfs natuurlike immuniteit na besmetting tydelike beskerming verleen. Geen entstof teen enige infeksiesiekte sal beter doen as die beskerming wat verkry word na natuurlike blootstelling aan die siekte nie.
Vraag: Is die virus baie vatbaar vir temperatuur?
Vuilbekvirus is ‘n taai virus en is nie baie vatbaar vir temperatuur nie. Dit kan maande oorleef in gedroogde materiaal in die natuur.
Vraag: Hoe vinnig na samestelling moet die entstof toegedien word?
Die entstofvirus bly besmetlik vir baie lang tye wanneer die entstof bewaar word by 4° C.
Waar is die beste plek om die entstof toe te dien?
Die beste plek is in die oksel (axilla), want dan is die risiko laag dat die virus kan versprei na ander dele van die liggaam of deurdat ander diere die virus in die inentingsplek kan lek.
Gehoor dat boere die ore gebruik en die area selfs onder die stert vir toediening?
Ore en stert is swak plekke vir entstoftoediening.

Het al gehoor die entstof word onder die vel (subkutaan) toegedien.
Kan die entstof intradermaal (in die vel)toegedien word?
Entstof word toegedien deur entstof in te vryf in ‘n skraapplek op die vel.
Is daar ‘n “geheim” om die entstof beter te laat werk?
Daar is geen ander manier om die entstof beter te laat werk nie.
Is daar verskillende stamme van die virus m.a.w. is dit beter om ‘n outogene (entstof van vratte vanaf die plaas) entstof te maak?
Daar is net een antigeniese tipe virus in die genus Parapoxvirus wat vuilbek insluit. Outogene entstowwe is dus nie noodwendig beter nie.
Geskryf deur: prof. Moritz van Vuuren, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria (Moritz.VanVuuren@up.ac.za)
 
Addisionele inligting verkry uit ”Infectious Diseases of Livestock”
·         Vuilbek word deur ‘n virus veroorsaak en antibiotika maak nie virusse dood nie. Antibiotika sal net kieme (bakterie?), wat sekondêre besmetting veroorsaak, verminder.
 
·         Plaaslike aanspuitmiddels wat gentiaan violet bevat, kan van nut wees.    
 
·         Deur lammers wat erg aangetas is, met die hand te voed, kan vrektes weens uithongering verhoed word.
 
·         Diere wat na inenting of na natuurlike besmetting weer besmet raak, se immuunrespons is baie vinniger en die infeksietydperk is dan baie korter (10-14 dae).
 
 
·         Die enigste waarde van inenting is dat die tyd wanneer besmetting plaasvind, gekontroleer kan word.
 
·         Lammers wat van ooie gebore word wat ge?mmuniseer is, wys minder kliniese tekens as lammers gebore van onge?nte ooie, wat aandui dat biesmelkimmuniteit wel ‘n rol speel.
 
·         Die ideale tyd om ooie in te ent, is 8 weke voor lamtyd sodat rofies afgewerp kan word voordat sy lam.
 
·         Lammers kan ge?nt word gedurende die eerste twee dae na geboorte om te verhoed dat die virus na ander dele van die liggaam versprei en dat hulle deur aan mekaar te kou ook so die virus versprei.
 
·         Vir lammers word ‘n tweede inenting 8 weke na die eerste inenting gegee.
 
·         As kennis gedra word van wanneer uitbreke gewoonlik op die plaas voorkom, kan inentings 8 weke voor hierdie tyd gegee word.
 
·         Moenie diere inent as die virus nie op die plaas teenwoordig is nie, want deur die entstof te gebruik, word die siekte op die plaas ingebring!
 
·         Hierdie entstof is swak in vergelyking met ander virusentstowwe. Internasionaal word daaraan gewerk om die entstof te verbeter.
Bron: Coetzer, J.A.W. and Tustin, R.C. 2004. Infectious Diseases of Livestock. Oxford University Press (ISBN 0 19 578202 X)
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
15 Januarie 2012
Lees ook:

Kommentaar

Een kommentaar op “Vuilbekentstof

  1. johan celliers
    johan celliers

    Dr ek sal graag wil weet of F10 sal werk om besmette lammers skoon te kan kry aangesien die lammers nog te klein is om te slag.Het al ‘n paar boererate probeer,maar heelaas het nog niks gekry wat werk nie.Dr Dave Midgley het aanbeveel dat ek F10 gebruik,maar daar moet iets bygesit word,wat ek nie kan onthou nie en aangesien ek nie vir dr Midgeley beskikbaar kry nie het ek gewonder of Dr my nie kan help nie asseblief.Groete Johan Celliers


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X