Vra vir Faffa

Vrotpootjie “thrush” by perde

Vraag

Ons 10 jaar oue reun (boerperd-kruising) word chronies behandel met 'n aerosolmiddel "hoof hardener" afgewissel met Stockholm-teer, maar ons kry nie die kondisie permanent opgeklaar nie. Toestande in die stalle, kampe en veld is skoon en droog. Dit raak by tye so erg dat stukke vrot weefsel weggesny moet word. Die drie ander perde in dieselfde stalle sukkel gladnie hiermee nie. 1. Kan 'n orale middel soos Teramycin meer suksesvol wees? 2. Is perde, soos gerugte dit wil hê, met ligte/wit voete wel meer geneig tot hoefprobleme? Die perd is 'n koperbruin "chestnut" met wit voete. - Karin (kvstaden@ul.ac.za)

Antwoord

Vraag:
Ons 10 jaar oue reun (boerperd-kruising) word chronies behandel met ‘n aerosolmiddel "hoof hardener" afgewissel met Stockholm-teer, maar ons kry nie die kondisie permanent opgeklaar nie. Toestande in die stalle, kampe en veld is skoon en droog. Dit raak by tye so erg dat stukke vrot weefsel weggesny moet word. Die drie ander perde in dieselfde stalle sukkel gladnie hiermee nie. 1. Kan ‘n orale middel soos Teramycin meer suksesvol wees? 2. Is perde, soos gerugte dit wil hê, met ligte/wit voete wel meer geneig tot hoefprobleme? Die perd is ‘n koperbruin "chestnut" met wit voete. – Karin (kvstaden@ul.ac.za)

Antwoord:
Vrotpootjie of "Thrush" word veroorsaak deur ‘n infeksie van die onderliggende dele van die hoef. Verskeie oorsake word geblameer vir die ontwikkeling van vrotpootjie, maar die mees aanvaarbare redes is ‘n omgewing wat nat of vuil is, gekoppel met ‘n swam- of bakteriese infeksie. Daar is verskeie maniere om die kondisie op te klaar.

Die behandeling wat u tans toepas, is nie doeltreffend teen die organismes wat die kondisie veroorsaak nie. Die "hoof hardener" sal voordelig wees vir die kondisie van die hoef en kan nog gebruik word. As die kondisie deur bakterieë veroorsaak word, leef die bakterie baie beter sonder suurstof en die behandeling met Stockholm-teer kan dalk die bakterie afseël en die kondisie van die hoef voordelig maak vir die bakterie. In die behandeling van vrotpootjie is dit belangrik om die geaffekteerde dele oop en skoon te hou. Vrot en los dele moet weggesny word. Lokale behandeling werk wel die beste en orale behandeling het min of geen werking nie. Die hoefstraal en geaffekteerde dele moet met ‘n ontsmettingsmiddel skoon gemaak word. Die beste manier om die ontsmettingsmiddel in die groewe in te kry, is om ‘n stuk watte om ‘n hoefpiek te draai en dit te gebruik om die middel in al die klein groewe en krake in te kry. ‘n Topiese behandeling met ‘n jodiumpreparaat kan ook oor die geaffekteerde dele gesmeer word. Die kleur van die voet beïnvloed nie die ontwikkeling van vrotpootjie nie.

12 September 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X