Vra vir Faffa

Vrot ore by skape

Vraag

Ek merk al my bok- skaaplammers met 'n plastiese skaapoorplaatjie. Ek vind dat die ore baie sweer en soms val die merker sommer uit. Ek sit die aanwender en plaatjies in 'n steriliseermiddel ná en voor elke gebruik. Ek was die oor skoon met 'n ontsmettingsmiddel voordat ek die plaatjie insit. Ek het ook al medisinale alkohol probeer om die oor eers skoon te maak. Wat doen ek verkeerd? Moet mens elke dag al die ore weer skoonmaak en as wat kan ek doen as dit sweer? - L. Kellermann (jakkelsdraf@telkomsa.net)

Antwoord

Vraag:
Ek merk al my bok- skaaplammers met ‘n plastiese skaapoorplaatjie. Ek vind dat die ore baie sweer en soms val die merker sommer uit. Ek sit die aanwender en plaatjies in ‘n steriliseermiddel ná en voor elke gebruik. Ek was die oor skoon met ‘n ontsmettingsmiddel voordat ek die plaatjie insit. Ek het ook al medisinale alkohol probeer om die oor eers skoon te maak. Wat doen ek verkeerd? Moet mens elke dag al die ore weer skoonmaak en as wat kan ek doen as dit sweer? – L. Kellermann (jakkelsdraf@telkomsa.net)

Antwoord:
Daar moet ‘n baie hoë konsentrasie van kieme in die area waar die oorplaatjies ingesit word, voorkom. Aangesien u nie sê of dit ‘n drukgang of kraal is nie, stel ek voor dat u na ‘n "skoon" nuwe kamp verskuif waar daar min stof en mis is.

As daar ‘n sementvloer is, ontsmet die area met formalien of ‘n goeie ontsmettingsmiddel soos bv. Septrex, Intervet Reg. No. G1775, Wet 36/1947. Die aanwender en oorplate moet 5 minute lank in die ontsmettingsmiddel lê en die ore kan ook met brandspiritus gevee word.

As u nog steeds probleme ondervind, kan u u plaaslike veearts vra om die kieme te laat kweek. Elke lam kan ook met ‘n antibiotiese sprei soos Engemycin spray, Intervet (Reg. No. G2981 Wet 36/1947) behandel word tydens die proses en daarna, indien nodig. Vir hardnekkige gevalle moet ‘n antibiotika soos Reverin LA, Intervet (Reg. No. G3442, Wet 36/1947) toegedien word.

1 Maart 2005


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X