Vra vir Faffa

Voorkoms van dieresiektes, hulle beheer en opstel van ‘n biosekuriteitsplan

Vraag

Waar kan ek uitvind watter dieresiektes en vergiftigings elke maand voorkom en meer inligting kry oor hoe om hulle te voorkom en te beheer?

Antwoord

Veeartse wat lid is van die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA – Ruminant Veterinary Association of South Africa) rapporteer elke maand oor siektes, vergiftigings en ander toestande wat in hulle praktykarea voorkom. Dit is ‘n diens wat hulle aan die veeboere van die land lewer.

Besoek die volgende webadres om verslae en kaarte van die rapportering te bekom:

http://ruvasa.co.za/disease-reporting/

Uit hierdie inligting kan siektetendense vasgestel word en wat baie belangrik is, voorkomende maatreëls kan dan getref word om uitbreke van siektes te voorkom.

Saam met jou veearts kan bestuursprogramme opgestel word wat gereeld opgedateer moet word uit inligting wat uit die maandelikse rapporte verkry word.

Vir elke plaas moet ‘n biosekuriteitstelsel opgestel word, wat uiteindelik tot sertifisering van die boerderyeenheid sal lei.

Besoek die Kode van Beste praktyk van die RPO om na te gaan wat alles aangespreek moet word in so ‘n biosekuriteitsplan.

http://www.rpo.co.za/BestPractices/Afrikaans.aspx

Vir verdere inligting kontak u kuddeveearts.

Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Bestuurder van RuVASA (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

28 September 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X