Vra vir Faffa

Voorkoming van Afrika-varkpes

Vraag

Watter biosekuriteitsmaatreëls moet ek op my plaas toepas om Afrika-varkpes en ander siektes te voorkom?

Antwoord

Tien dinge wat jy behoort te weet van Afrika-varkpes

  1. Afrika-varkpes kom voor onder vlakvarke, bosvarke en ander wilde varke in die beheerde gebiede van Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die noordelike dele van KwaZulu-Natal en in ander Suider-Afrika-lande. Mak en wilde varke en hul produkte mag nie uit aangetaste gebiede of lande verwyder word nie, aangesien dit gevaarlik is vir varke in die res van Suid-Afrika.
  2. Afrika-varkpes is feitlik altyd dodelik. Daar is geen geneesmiddel vir die siekte nie. Mense word egter nie deur die siekte geraak nie.
  3. Jou varke kan Afrika-varkpes opdoen as hulle in aanraking is met ander siek varke of rondbeweeg in dele waar siek varke was. Varke kan ook die siekte opdoen van wilde varke en bosluise wat van die wilde varke afval in die Afrika-varkpes-beheerde gebiede.
  4. Jou varke kan Afrika-varkpes opdoen as hulle kombuisafval (insluitende van troues en begrafnisse), vullis en skottelgoedwater inneem wat vleis van siek varke bevat of wat in kontak was met vleis van siek varke. Wetlik moet kombuisafval vir een uur gekook word voordat dit vir varkkos gebruik word om hulle teen siektes te beskerm.
  5. Varke met Afrika-varkpes mag die volgende siektetekens (simptome) toon:
  • Koors;
  • Gebrek aan eetlus;
  • Sukkel om asem te haal;
  • Dragtige varke kan aborteer;
  • Die ore, neus, maag en bene kan rooi raak;
  • Die varke vrek baie vinnig – binne 2 tot 10 dae.
  1. Die siekte versprei baie vinnig tussen siek en gesonde varke en feitlik alle varke in ‘n groep/kudde kan binne twee tot tien dae vrek.
  2. Sommige varke wat siek geraak het, maar nie gevrek het nie, word as gevaarlik beskou aangesien hulle steeds ander varke kan aansteek.
  3. Indien jy vermoed dat jou eie of iemand ander se varke die siekte onder lede het, stel onmiddellik jou plaaslike dieregesondheidstegnikus of staatsveearts in kennis. Hulle sal dan die varke kom toets.
  4. Besmette gebiede of kuddes word onder kwarantyn geplaas om te voorkom dat hierdie dodelike varksiekte versprei.
  5. Moenie varke verkoop wat siek is of vermoedelik siek is nie, aangesien die siekte gaan versprei en baie meer varke laat vrek. Moenie varke op veilings of by spekulante koop indien hulle nie kan bewys dat al die varke op die verkoper se plaas gesond is nie. Moenie varke koop of verkoop as daar ‘n uitbreking van Afrika-varkpes in jou distrik is nie, want jy kan die siekte versprei. Indien jy twyfel, vra jou plaaslike staatsveearts of dieregesondheidstegnikus vir raad.

NB: ONTHOU!

  • MOENIE KOMBUISAFVAL VOER NIE;
  • MOENIE BY ONBEKENDE BRONNE KOOP NIE.

Nader gerus jou naaste staats- of privaatveearts of dieregesondheidstegnikus vir meer inligting.

Vir tegniese navrae, nader:Direktoraat: Dieregesondheid Vir bevordering en bewusmaking, nader:Direktoraat: Voedselinvoer- en -uitvoerstandaarde
DieregesondheidTel.: +27 (0) 12 319 7456Faks: +27 (0) 12 329 7218

E-pos: Epidemiology@daff.gov.za

Webwerf: www.daff.gov.za

Afdeling dieregesondheidsbevorderingTel.: +27 (0) 12 319 6004/117E-pos: info.sps@daff.gov.za

Webwerf: www.daff.gov.za


Kommentaar

Een kommentaar op “Voorkoming van Afrika-varkpes

  1. Sonja
    Sonja

    Wat gee jy on varkpes te voorkom dalk pennicillien


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X