Vra vir Faffa

Voorkom kalwer-verliese

Vraag

Ongeveer 79% van diere in 'n melkkudde vrek voor hul teelouderdom bereik. Dít bewys hoe belangrik die korrekte bestuur van pasgebore kalwers is.

Antwoord

Vraag:
Wat is die belangrikste oorsake van ekonomiese verliese by melkkalwers gedurende die eerste vier weke ná geboorte?

Antwoord:
Die aansteeklike siektes van die spysvertering- en asemhalingstelsels is die belangrikste siektes by melkkalwers. Ongeveer 79% van diere in ‘n melkkudde wat vrek voor hul teelouderdom bereik, vrek binne die eeste vier weke. Dit is ‘n bewys van hoe belangrik die korrekte bestuur van pasgebore kalwers is – veral die eerste maand ná geboorte.

Die ekonomiese verliese by melkkalwers word egter nie net deur vrektes veroorsaak nie, maar ook deur siek kalwers wat swak bestuur word en dan sub-optimaal presteer en swak groei.

Dít is sommige van die belangrikste oorsake van ekonomiese verliese by melkkalwers:

 

  • Aborsies, doodgebore kalwers en aangebore defekte wat voortspruit uit siektes soos brusellose (steeds die hoofoorsaak van aborsies in SA), neosporose, leptospirose, BVD en toksienes asook moeilike kalwingsgevalle is verantwoordelik vir 2-3% van kalwervrektes.

     

  • Chroniese diarree (wat langer as ‘n week duur) veroorsaak deur swak kwaliteit van melkvervangers en swak bestuur soos wisselende temperatuur en konsentrasie.

     

  • Naelstring- en gewrigsontsteking veroorsaak deur ‘n kombinasie van Escherichia coli, Arcanobacterium pyogenes en baie ander soorte bakterieë.

     

  • Septisemie oftewel bloedvergiftiging veroorsaak deur bakteriese toksiene wat in die bloedstroom opgeneem word – wat dikwels veroorsaak word deur E.col. – en die vrektes veroorsaak van kalwers jonger as vier dae. Dit gebeur veral by kalwers wat nie gou na geboorte – 8 ure – goeie kwaliteit kolostrum ingekry het nie.

     

  • Voedingsiektes a.g.v. onvoldoende inname van energie, proteíen, ru-voer, minerale en vvitamiene. ‘n Ooglopende oorsaak van swak groei en suboptimale groei, maar tog dikwels oor die hoof gesien of geígnoreer!

     

  • Inwendige parasiete soos ronde- en lintwurms; longontsteking of lugweginfeksies; vitamien- en mineraaltekorte en longwurm is probleme wat by jonger kalwers kan voorkom, maar is van besondere belang by kalwers ouer as 6-8 weke.

     

  • Akute diarree en verwante patogene van ‘n verskeidenheid van kieme en virusse is verantwoordelik vir 75% van sterftes by melkkalwers gedurende die eerste vier weke. Die belangrikste oorsake is:

     

  • Salmonella spp. by kalwers 1-14 weke oud, maar gewoonlik ouer as drie weke; E. coli by kalwers onder 5-7 dae (algemeen); Rota- en Coronavirus by kalwers 1-3 weke oud (algemeen); Koksidiose by kalwers ouer as 3 weke en Cryptosporidia spp. by kalwers 2-5 weke oud.

    Die ekonomiese verliese by melkkalwers is dus toe te skryf aan verskillende faktore en veral by kalwers van 2-3 weke oud is dit ‘n groot uitdaging om vas te stel presies wat die oorsaak van die probleem is.

    "Moenie wag tot daar ‘n groot aantal kalwers gevrek het voordat u met die kuddeveearts skakel nie. Veeartse kan op ‘n vroeë stadium monsters neem om die spesifieke oorsaak te bepaal.

    "Daar is slegs twee maniere om neonatale (eerste vier weke) kalwerdiarree te beheer en tot ‘n mate te voorkom en dit is goeie kalfgrootmaak-praktyk en optimale passiewe immuniteit – teenliggame wat die kalf deur die kolostrum ontvang gedurende die eerste 6-8 ure na geboorte. "

    Die enigste manier om te verseker dat daar voldoende teenliggame in die kolostrum is, is om die ma in te ent voordat sy kalf.

    Die mees algemene oorsake van akute diarree by die baie jong kalf – soos E.coli, rota- en corona virusse – kan gelukkig beheer word deur die koei in te ent met ‘n entstof wat ‘n kombinasie van hierdie drie patogene en maksimum hoeveelhede van hulle verskillende subtipes en stamme bevat.

     

  • Geskryf deur: Dr Barry Coates, Intervet

    31 Augustus 2007


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X