Vra vir Faffa

Volhoubare weiveldbenutting

Vraag

Ek soek hulp om my natuurlike weiding se drakrag optimaal te bestuur. Het julle vir my inligting.

Antwoord

Volhoubare weiveldbenutting 

Ten einde die volhoubaarheid van weiveld op ‘n plaas te verseker is dit belangrik dat ‘n boer kennis van die belangrikste indikator weiplante/sleutelweiplante van sy omgewing moet hê. Net soos die Bonsmaraboer sy diere deurlopend beoordeel, selekteer en streef na verhoogde reproduksie en produksie waardes, so behoort dit tweede natuur vir hom/haar te wees om ook te let op veldveranderinge. Die weidingekosisteem is slegs oor die langtermyn volhoubaar indien my plaas se veldtoestand verbeter of in ’n optimale toestand verkeer. Dit maak nie saak hoe goed my kalf persentasies of interkalf periodes mag wees nie, indien my weiveld neig om te verswak is dit ’n vroeë waarskuwing dat die boerdery op die afdraande pad is.

Vir die volledige antwoord klik op onderstaande aanhangsel.

Die artikel het in die Bonsmara tydskrif van 2015 verskyn en is geskryf deur: 

Dr Mias van der Westhuizen

Vrystaat Provinsiale Departement van Landbou

Glen

E-pos:  mias@glen.agric.za

&

Prof Hennie Snyman

Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde

Universiteit van die Vrystaat

E-pos:  Snymanha@ufs.ac.za

23 Julie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X