Vra vir Faffa

Voeromset van verskillende skaaprasse

Vraag

My seun boer nou maar kort naby Rietbron en kom van 'n besigheidsagtergrond. Ek het navraag en navorsing gedoen oor die voeromset van verskillende rasse. Daarom het ek op jou artikel op die internet afgekom. Kortliks, my seun besit Vleismerino-ooie en het vanaf verlede jaar 'n Ile de Franceram in plaas van 'n Vleismerinoram begin gebruik. Die resultaat was verstommend en die lammers het ongeveer 5kg meer op dieselfde ouderdom uitgeslag. Hy het ook nou 'n Ile de Francestoet begin. Dit het die vraag laat ontstaan oor hoeveel elke ooi vreet teenoor 1kg lam wat hulle produseer op speenouderdom. Ons sal baie graag wil weet wat is die voeromset van die verskillende vleisrasse - beide die omset van die ooi na die lam en dan die lam se eie voeromset. Is daar enige webtuiste waar ek hierdie inligting sal kan kry of kan jy my dalk hiermee help? Baie dankie by voorbaat. Rassie Kleyn

Antwoord

Die vrae wat u vra is gebaseer op Suid-Afrikaanse toestande wat moeilik in literatuur opgespoor word. Op Nooitgedacht Landbou Navorsingstasie by Ermelo is in die jare sestig en sewentig baie navorsing oor kruisteling met baie skaaprasse gedoen onder die leierskap van dr.  Jan Hofmeyer.

Oor die vraag, wat die voeromset van die ooi sal wees om 1 kg lam te produseer, sal ek meer navorsing oor die aangeleentheid moet doen. Die literatuur het min data oor die onderwerp , veral oor rasvergelykings wat normaalweg nie gepubliseer word nie.
‘n Normale duimre?l is dat ‘n ooi volgens haar massa en produksiestatus ‘n persentasie van haar liggaamsmassa sal inneem, bv. :
Tydens die eerste 8 weke van laktasie benodig ‘n 60 kg ooi 2,3 kg dro? materiaal vs 3.0 kg dro? materiaal van ‘n 80 kg ooi (volgens die NRC, 1980 se voedingstabelle).
Die genetiese groeivermo? van die lam en ras sal dan verder die voeromset van die ooi om 1 kg lam te produseer bepaal.  Dus bestaan daar nie so ‘n eenvoudige antwoord nie want die verhoogde groei van die Vleismerino X Ile de France kruisings kan ‘n effek van basterkrag wees.
Vir die volledige artikel klik op onderstaande pdf.
Geskryf deur: dr. Theuns M. Laas, Veekundige (theunslaas@yahoo.co.za)
27 Februarie 2012

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X