Vra vir Faffa

Voerkorrels vir ooie wat gaan lam

Vraag

Ek maak my eie voerpille: 35 % mieliemeel, 60 % lusernhooi en 5 % Kalorie 3000 bindmiddel. Is dit voldoende om Dohnemerino-ooie op rooigrasveld te laat lam in September in die Suid-Vrystaat teen 500 gram pille per dag per skaap en wolskaaplek 250 gm per dag per ooi?

Antwoord

Hierdie aanvullings is nie voldoende vir laatdragtige en lakterende ooie nie omdat dit te min deurvloeiproteïen en energie voorsien. Moenie twee aanvullings gelyktydig voer nie, want sommige ooie gaan net een aanvulling vreet en gevolglik nie voldoende melk produseer nie. Dit is altyd beter om net aanvulling te voorsien. Gebruik die volgende Lammerooikorrels:

            400 kg lusern
            400 kg mielies
            200 kg Voermol Maxiwol
         1 000 kg TOTAAL
 
Om verpilling te vergemaklik, moet die Maxiwol vooraf met die mielies gemeng word en gelyktydig gemaal (± 10 mm-sif) word voordat dit met die res van die komponente in die pilmasjien se menger gemeng word om verpil te word.
 
Voer die Lammerooikorrels vanaf ses weke voor lam teen 500 g per ooi per dag en verhoog dit vanaf vier weke voor lam na 750 g per ooi per dag. Indien die weiding nie voldoende of van ‘n hoë gehalte is nie, kan die voedingspeil vanaf twee weke voor lam tot 1 kg per ooi per dag verhoog word. Na lam kan tot 1.0 tot 1.5 kg per ooi per dag gevoer word. 
 
Wanneer die Lammerooikorrels gevoer word, moet alle lekbyvoeding gestaak word om te verhoed dat die diere te veel ureum inneem. Indien meer as 1.5 kg Lammerooikorrels per ooi per dag gevoer moet word, moet met my in verbinding getree word sodat ek die rantsoen kan herformuleer om te voorkom dat die ooie te veel ureum inneem wat tot ureumvergiftiging aanleiding kan gee.
 
Wanneer die Lammerooikorrels gevoer word, moet daar altyd voldoende vreetspasie (langwol ooie: ± 450 – 500 mm/ooi; kortwol ooie: ± 400 – 450 mm) wees sodat al die ooie gelyktydig kan vreet.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
29 September 2010

Kommentaar

Een kommentaar op “Voerkorrels vir ooie wat gaan lam

  1. BOETA
    BOETA

    GOEIE DAG
    HET U NIE VIR MY N GOEIE RESEP WAT EK VIR LAMMER KAN GEE NIE MAAR DIT MOET DEUR N PIL MASJIEN GAAN DANKIE


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X