Vra vir Faffa

Voer van speenkalwers

Vraag

Ek voer 'n paar kalwers vanaf 6/7 maande ouderdom tot slaggewig (ongeveer 400kg). Op die oomblik gebruik ek voermol SB100. Ek het 'n paar vrae oor die meng van hierdie produk. 1. Wat is die beste om by te meng, gemaalde geelmielies of hominy chop? Ek kan hominy chop vir heelwat goedkoper kry as geelmielies, maar ek weet die mieliemeel het meer voedingswaarde as die chop. Sal dit dan beteken 'n dier gaan meer chop moet eet om dieselfde gewig op te tel? 2. Ek gee dro? hawerhooi as ruvoer op 'n ad lib.-basis. Kan dit gebeur dat diere dalk te veel ruvoer eet en gevolglik minder van die SB100-mengsel wat groei negatief kan be?nvloed? 3. Ek hou nie rêrig van die idee om die diere met hormone te behandel nie. Ek het tot dusver nog geen hormoonpille vir die diere ingesit nie. Ek het hulle wel met Zeramec ingespuit. Sal ek nog steeds goeie groei kry so, of sal dit geldgewys meer sin maak om ook die hormooninplantaat in te sit? 4. Op voermol se webblad gee hul ook 'n resep om HKP by die SB100 mengsel te meng. Gaan dit beter resultate lewer, en indien wel, kan ek 'n mengsel van SB100, HPK en chop voer met ruvoer op 'n ad lib.-basis of moet die ruvoer ook in die mengsel ingemeng word? Vriendelike groete. Thea Oberholzer

Antwoord

1. Hominy chop kan as ‘n energiebron in die plek van gemaalde mielies gebruik word, mits die hominy chop ‘n hoë gehalte produk is met meer as 8 % vet.  Indien hominy chop meer as 8 % vet bevat, behoort dieselfde groei en voeromsetting as met gemaalde mielies verkry te word.

2. Wanneer te smaaklike ruvoer eenkant gevoer word, sal diere geneig wees om te veel daarvan te vreet en sal dus minder van die kragvoermengsel inneem.  Gevolglik gaan hulle stadiger groei met ‘n swakker voeromsetting waardeur die winsmarge verlaag word.  Voer dus liewers ‘n lae gehalte ruvoer soos grashooi, strooi, mielieblare, ensovoorts eenkant as ruvoerbron.

3. Zeramec bevat wel ‘n hormoon, Zeranol, wat dieselfde aktiewe bestanddeel is as wat Ralgro-oorinplantaat bevat en is dus ‘n "inspuitbare inplantaat."  Die gebruik van ‘n oorinplantaat kan die groei en voeromsetting verbeter waardeur die winsmarge verhoog word.  Waar oorinplantate nie gebruik word nie, moet diere dus vir ‘n hoër vleisprys verkoop word om dieselfde wins te realiseer as waar oorinplantate gebruik word.

4. Ons kry beter resultate indien ekstra deurvloeiproteïen in die afrondingsrantsoen ingesluit word.  Gebruik egter Voermol Procon en nie HPK nie omdat eersgenoemde ‘n beter en heelwat meer deurvloeiproteïen bevat. 

Gebruik die volgende kragvoermengsel:  200 kg Voermol SB 100 + 50 kg Voermol Procon + 750 kg hominy chop, mits dit meer as 8 % vet bevat, so nie gebruik gemaalde mielies.  Dit is nie nodig om vir beeste ruvoer in die voerkraalrantsoen in te meng nie.  Indien laegraadse ruvoer gevoer word, kan dit met groot sukses apart gevoer word solank dit te alle tye ad lib. beskikbaar is.

Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)

30 Mei 2011
 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X