Vra vir Faffa

Voeding van suiwelkoeie om hulle volle genetiese potensiaal te verwesenlik

Vraag

Ek soek meer inligting oor die samestelling van rantsoene vir melkkoeie.

Antwoord

Aangeheg is ’n artikel oor melkbeesvoeding. Wat voerkoste betref, hang dit daarvan af of die boer self die koeie se voer meng en tot watter mate sy eie plaasgeproduseerde voer deel uitmaak van die Totaal gemengde rantsoen (TGR). 

‘n TGR wat net so in ’n sak by die voermaatskappy gekoop word (produksie gemiddeld 35kg/dag), kos ongeveer R2 900/ton, dus geen selfgeproduseerde voer nie.
 
’n Boer wat net ‘n hoe prote?enkonsentraat en miskien melasse aankoop by die voermaatskappy en sy eie mielies, mieliekuilvoer, heel katoensaad en hooi produseer en self meng, kan dit doen teen R1 300/ ton.
 
Dit is wel 2 ekstreme situasies, maar gee ’n idee van voerkoste.
 
Geskryf deur: Prof. Lourens J Erasmus, Departement Vee en Wildkunde, Universiteit van Pretoria. (lourens.erasmus@up.ac.za)
 
15 November 2011

Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X