Vra vir Faffa

Voeding van 3 maande oue speenkalwers tot afronding

Vraag

My seun het 10 kalwers gekoop om mee te spekuleer. Die kalwers is volgens die verkoopspersoon (middelman) ongeveer 3 maande oud. Hulle grootte en gewig wissel egter baie. Hoe kan hy bepaal of die diere nog melk moet ontvang en watter voer is op so 'n jong stadium die beste? Dan ook, wanneer moet oorgeslaan word na voeding volgens toekomstige grootte of gewig? Baie dankie. Frans

Antwoord

Indien die kalwers goed uitgegroei het, hoef hulle nie meer melk op drie maande ouderdom te kry nie. Die kalwers moet met aankoms op ‘n volledige kalfgroeirantsoen (200 kg gemaalde lusernhooi + 200 kg Voermol SS 200 + 100 kg Voermol Procon + 500 kg gemaalde mielies) tot ongeveer 220 kg gegroei word. Pas die kalwers geleidelik en stadig op die kalfgroeirantsoen aan om suurpens, opblaas en laminitis te voorkom. Gee die eerste 14 dae goeie gehalte ruvoer eenkant ad lib. by.

 
Sodra die kalwers 220 kg bereik, moet na die volgende volledige rantsoen oorgeskakel word:
150 kg Voermol SB 100 + 50 kg Voermol Procon + 120 kg gemaalde ruvoer + 550 kg gemaalde mielies. Voer hierdie rantsoen ad lib. (± 3 % van liggaamsmassa).
 
Wanneer die kalwers ongeveer 280 kg weeg, kan tot bemarking na die volgende volledige rantsoen oorgeskakel word:
150 kg Voermol SB 100 + 120 kg gemaalde ruvoer + 600 kg gemaalde mielies. Voer hierdie rantsoen ad lib. (± 3 % van liggaamsmassa).
 
Vir meer inligting in die verband raadpleeg www.voermol.co.za en hulp.landbou.com.
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Direkteur, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com)
 
27 September 2010

Kommentaar

Kommentaar (3) “Voeding van 3 maande oue speenkalwers tot afronding

  1. Theo
    Theo

    Goeie dag, ons wil graag begin met kalwers grootmaak. Het jy dalk vir ons n handleiding om ons stap vir stap te wys hoe om te begin en aan te gaan. Baie dankie. Theo

  2. Yvette
    Yvette

    My kallers is 3 maande kry nog bietjie melk, maar wei all. Moet daar nog aditionelle voeding gegee word?


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X