Vra vir Faffa

Voeding en vrylating van duikertjie

Vraag

I have a duiker about 3 months old. He drinks very well and eats wag-’n-bietjie (he loves it) and wild karee leaves, loves the wag-’n-bietjie. I started to feed him game cubes mixed with lucern, but he does not like it. At what age can I reduce the milk feed and increase the solid food and when can I let him free into the wild again.

Antwoord

Indien die persoon die bok wil vrylaat, sal my raad wees om die bok so gou as moontlik gespeen te kry, doen dit net geleidelik. Faseer die melk uit oor ‘n twee weke periode. Voer kos wat in die omgewing voorkom waar sy vrygelaat sal word. Duikers is selektiewe vreters en kies dus smaaklike bossies, blare, sade en vrugte om te vreet. Dit is selfs bekend dat duikers insekte, klein voëls, reptiele en knaagdiere vreet.

Duikers in aanhouding vreet graag lusern, vars vrugte en groente, rosyne en ander droë vrugte. Hulle kan geleer word om wildspille te vreet. Die geheim is om hulle ‘n wye verskeidenheid aan te bied.

Hanteer die duiker so min as moontlik en moenie dat sy kos met mense geassosieer word nie, anders sal die vrylating problematies wees.

Skakel gerus met een van die bekende rehabilitasiesentrums soos Care for Wild

http://www.careforwild.co.za/

of Moholoholo

http://www.moholoholo.co.za/

vir meer raad oor vrylating.

Lees ook die volgende antwoorde wat handel oor die grootmaak van bokkies:

https://hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/die-voer-van-wees-klein-boksoorte/

https://hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/wil-blesbok-lammetjies-grootmaak/

https://hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/melkformule-vir-hans-wildsbokkie/

Saamgestel deur:

Dr. Jacques O’Dell, Wildgesondheid, Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria

(jacques.odell@up.ac.za)

10 Februarie 2015


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Teken In

Ek het nie 'n rekening nie. Ek moet een skep.


Ek het my wagwoord vergeet X

Registreer

Het jy reeds 'n profiel? Teken asseblief in.


X